Malema reik uit na arm Afrikaners

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het Dinsdagaand by OR Tambo-gedenklesing by die Universiteit van Limpopo in Mankweng gepraat en wittes uitgenooi om deel te word van die stryd teen armoede.

Hy het Afrikaners uitgesonder toe hy na wit armoede in plekke soos Pretoria verwys het. “Armoede ken geen kleur nie, armoede diskrimineer nie.”

“Hierdie is ook witmense se land, hulle hoef nie te bekommer nie. Maar hulle moet gekwel wees oor armoede.”

Studente het Dubula Ibhunu, oftewel “skiet die boer” gedreunsing terwyl hulle vir Malema gewag het. Malema het nie saamgesing nie.

“Ons stryd is nie ‘n stryd teen witmense nie. Witmense is ons mede-Suid-Afrikaners en hulle is ook deel van die stryd. Ons moet hulle altyd verseker dat hulle deel van ons stryd is.”

Hy het gesê hy doen ‘n beroep op “ons wit patriotte om met ons te deel. Wit mense besit 90% van die grond in die land.

“As julle Christene is, sal julle nie ‘n probleem hê om met ons te deel nie.

“Ons stryd was nooit, ooit wit volksmoord nie. Ons wou nooit witmense doodgemaak het in die struggle nie.

“Mense sê ek haat witmense, ek haat nie nie witmense nie. Ek sal op die slagveld sterf om witmense te verdedig, net soos wat ek swart mense verdedig.”

“Ek sal nooit ‘n wapen dra en ‘n witmens skiet nie. En niemand sal ‘n witmens voor my skiet nie. Ek sal daai witmens verdedig.”

Malema het egter gesê totdat almal nie kan deel in die welvaart van die land nie, sal die stryd voortgaan.

Malema het griep en het met ‘n hees stem gepraat. 

 

 

лобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae