“Ek wil die geleentheid wat ek het hier neem om te bevestig dat daar geen skaliegaseksplorasie deur hidrouliese breking in hierdie besonderse gebied sal wees nie,” het Sarkozy gesê tydens ‘n besoek aan die Gard, die tuiste van Cevennes Nasionale Park, ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied.
Drie permitte wat toegeken is deur die staat in 2010 vir die ontginning van skaliegas in die gebied – die een aan die Franse oliereus Total en twee aan die VSA se Schuepbach Energie LLC – sal teruggetrek word, het hy bevestig.
Ekologieminister Nathalie Kosciusko-Morizet en Nywerheidsminister Eric Besson het Maandag aangekondig dat die regering die permitte sal herroep in ooreenstemming met ‘n wet wat die verbod op hidrouliese breking in Junie bekragtig het.
Kosciusko-Morizet gesê Total en Schuepbach het ‘n sperdatum gemis om oortuigende planne vir alternatiewe skaliegaseksplorasietegnieke in te dien.
Breking, ook bekend as fracking, is die proses van boor in skalierots en inspuit van water, sand en chemikalieë in die rots teen ‘n hoë druk vir die vrylating van gas.
Frankryk is die eerste land om breking te verbied nadat protes deur omgewingsbewustes en inwoners van die Gard hulle daartoe gedwing het. Kritici van hidrouliese breking sê die proses kan die grondwater besoedel.
Die Franse Unie van Petroleum Industrie (UFIP) het gesê die besluit om die permitte terug te trek, is “nadelig vir die Franse ekonomie” en het gewaarsku dit sal ‘n “negatiewe sein aan internasionale beleggers stuur”.
“Hierdie besluite sal die identifisering en evaluering van die potensiaal van die nuwe nasionale energie-hulpbronne voorkom, terwyl Frankryk 99 persent van sy petrolverbruik en 98 persent van sy gasverbruik invoer,” het UFIP gesê.
Sarkozy het gesê dat die begeerte om nuwe energiebronne te ontgin nie die “vernietiging van ‘n byna geestelike landskap” regverdig nie.
Skaliegaseksplorasie het die hoogte ingeskiet in die Verenigde State in die afgelope jaar, terwyl opposisiegroepe in verskeie lande, insluitende Engeland en Suid-Afrika, daarteen walgooi.
