Weens die onkundigheid en onbekwaamheid van swart polisielede is tien swart aanvallers wat daarvan aangekla word dat hulle in 2009 ‘n verlamde vrou en haar bejaarde ma wreed in ‘n rooftog op ‘n plaas by Rosendal aangerand het, vrygespreek.
‘n Elfde een wat ook by die aanval betrokke was, is intussen dood.
Streeklanddros Ollie Koekemoer het teen polisielede wat in die ondersoek betrokke was, se uiters swak polisiewerk uitgevaar, berig Beeld.
“Die slagoffers het alle reg om vandag te voel asof die strafregstelsel hulle in die steek gelaat het. Daar het net hierdie week weer ‘n plaasaanval in die omgewing gebeur. Talle boere en hul werkers leef in afsondering en staar hierdie gevare in die gesig en dan is dit die wyse waarop ‘n ondersoek gedoen word.”
Die swartes het die verlamde Petronella (Nellie) van Rensburg (53) en haar ma, Martha van den Berg (76), op 8 Junie 2009 in hul huis op die plaas Rooihoogte oorval en wreed aangerand.
Mnr. Van Rensburg was nie tuis nie. Die huishulp het hulp ontbied en die elf vermeende aanvallers is gou vasgetrek met die gebuite goedere in hul besit.
‘n Haelgeweer, .22-geweer, .22-pistool, windbuks, drie selfone, ‘n Pen en R900 is gesteel.
Hoewel die baie spesifieke pen en ‘n .22-pistool in die besit van twee van die vermeende aanvallers gekry is, was daar nie genoeg bewyse dat dit wel aan die Van Rensburgs behoort het nie.
Daar was ook geen getuienis voor die hof dat die vuurwapens vir vingerafdrukke getoets is nie.
‘n Elfde verdagte, Andriano Masinga, is intussen oorlede.
