Die koekverkoping is Dinsdag gehou om die rol van ras en geslag in universiteite se aansoekvorms aan die kaak te stel.
‘n Herrie het ontaard oor die verkoping wat die universiteit se Republikeine by die Universiteit van Kalifornië gereël het.
Die klant se ras of geslag het bepaal hoeveel die student vir ‘n item betaal.
Die studentegroep beweer hul koekverkoping was ‘n satiriese betoging teen wetgewing wat openbare universiteite toelaat om ras en geslag in hul aansoekproses in ag te neem.
Talle studente het gesê die verkoping is rassisties en onsensitief.
Verskillende pryse
Witmense moes $2 vir ‘n kolwyntjie by die koekverkoping opdok. Asiërs moes $1,50 betaal terwyl Spaanssprekendes $1 betaal het. Swartes moes $0,75 uithaal en inheemse Amerikaners moes $0,25 betaal. Vroue het ook $0,25 betaal.
