praag.co.za

China daag VSA se seemag uit

Voormalige Filippynse president Fidel Ramos het Woensdag gesê dat China se onlangse uitdagende houding betreffende seegeskille gemotiveer word deur ‘n begeerte om Amerikaanse mag uit te daag, en hy voorspel dat meer spanning gaan kom.

Op ‘n besoek aan Washington, het Ramos gesê China en die Verenigde State van Amerika “skadu-boks” oor die Suid-Sjinese See asook Oos-Sjinese See waar Beijing met lande soos die Filippyne, Viëtnam en Japan bots.

“China se onmiddellike doelwit, dit lyk vir my, is om die Amerikaanse vryheid van toegang te beperk” en “die geloofwaardigheid van Washington se veiligheidswaarborg aan Oos-Asiatiese lande, insluitend en veral dié van die Filippyne, te erodeer”. Ramos, wat president tussen1992-1998 was, het by die Heritage Foundation gepraat.

“Ons het, waar ons vandaan kom, spanning oor die Suid-Sjina See verwag, want die oorsaak is regtig China se behoefte om uit te breek uit die strategiese oorheersing van Westerse bondgenote,” het Ramos gesê.

Maar Ramos het gesê hy verwag nie enige militêre konfrontasie nie danksy die groot militêre voorsprong wat Amerika bo China geniet. Hy het ‘n beroep op regerings gedoen om weg te beweeg van militêre besteding en die “ware vyande soos armoede te beveg”.

Ramos was op besoek aan Washington as deel van die 60ste herdenkinge van die wedersydse verdrag tussen Washington en sy voormalige kolonies. Elders in die streek het die Verenigde State ook verdedigingsooreenkomste met Australië, Japan, Suid-Korea en Thailand.

Ramos het die rol van die VSA se militêre mag in Asië verwelkom en gesê dit bied sekuriteit aan Asië en het die streek ekonomies gebaat.

Te midde van die spanning met China, het Filippynse president Benigno Aquino 11 miljard pesos ($ 252 miljoen) toegestaan om sy land se vloot op te gradeer.

топкарго

Comments

Leave a Reply