Kilby Korrektiewe Fasiliteit se gevangene Mark Melvin sê hy het Douglas Blackmon se Slavery By Another Name: The Re-Enslavement of Black Americans from the Civil War to World War II, in September 2010 ontvang, maar het gesê hy mag dit nie lees nie.
Dié nuus val saam met die VSA se Verbode Boeke Week, ‘n jaarlikse nasionale week vir die reg om te lees.
Melvin, wat lewenslange tronkstraf uitdien nadat hy aangekla is dat hy op die ouderdom van 14 sy ouer broer met twee moorde gehelp het, word toegang tot die boek geweier as gevolg van die regulasies wat “pogings om geweld aan te blaas, gebaseer op ras, godsdiens, geslag, geloof of nasionaliteit ” verbied.
Op grond van oorspronklike dokumente en persoonlike vertellinge, beskryf die boek slawerny onder ‘n ander naam, van die tien duisende “gratis” swart Amerikaners wat gekoop en verkoop was as dwangarbeiders dekades ná die amptelike afskaffing van slawerny.
“[Die boek] is ‘n Pulitzer-prys wenner wat historiese rekenskap gee van rasse-onderdrukking en rasse-vooroordeel in die Suidelike Verenigde State. Dit poog nie om geweld of ‘n gewelddadige ideologie, en ook nie geweld op grond van ras aan te blaas nie,” sê prokureur Bryan Stevenson.
“‘n Era van rasse-geweld, moorde, en dwangarbeid deur gevangenes, is ‘n uiters ontstellend deel van ons land se rasse-geskiedenis wat belangrik is en verstaan moet word om vordering in die oorkoming van die erfenis van slawerny en rasse-ondergeskiktheid te bewerkstellig. Ons kan nie byhou met die rasse-geskiedenis van hierdie land as ons boeke verbied of verhoed dat mense lees oor dit nie – selfs opgesluite mense wat basiese regte en beskerming behou, wat in hierdie geval geskend word,” het hy gesê. “Die behoefte aan ‘n meer ingeligte denke oor ras en diskriminasie is veral krities in gevangenisse, wat buite verhouding gevul is met mense van kleur.”
Die boek se skrywer Blackmon, ‘n Wall Street Journal-korrespondent, het aan die New York Times gesê dat “die idee dat ‘n boek soos myne op een of ander manier aanhitsing of ‘n oproep tot geweld is, is so absurd”.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.