Adriaan Basson, assistentredakteur van City Press, het ‘n aanval geloods op Afriforum omdat die organisasie volgens hom geld invorder deur ” slagofferskap” te veins. Hy stel vrae aan Kallie Kriel oor hoekom Afriforum Afrikaners “mislei” in ‘n ope brief aan Kriel. Citipress is deel van Media24.
Basson meen Afrikaners se regte word nie bedreig nie. Hy het nie uitgebrei oor die regte van witmense nie, en slegs na Afrikaners verwys.
Basson se kritiek volg op die hakke van die aankondiging dat die DA se wit leiers sal moet terugstaan vir swart gesigte asook Bathabile Dlamini se uitsprake. Dlamini, minister van maatskaplike welsyn en lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, het eweneens ‘n striemende aanval op Afriforum gedoen.
Die organisasie beywer hom nie vir burgerregte nie, meen Basson, maar is ‘n “rassitiese lobbygroep” wat verhoudinge in Suid-Afrika wil polariseer en slegs Afrikaners se belange wil bevorder.
Samewerking met swart burgerregtegroepe, soos Abahlali baseMjondolo, ‘n drukgroep vir plakkers wat nie huise kan kry nie, en die Landless People’s Movement, sou heelwat kon vermag om die misverstand dat Afriforum ‘n pro-wit drukgroep is, uit die weg te ruim, glo hy.
Afriforum se “Burgerregtemanifes” volgens Basson, het die organisasie daartoe verbind om die bevordering van die regte van “al die inwoners van Suid-Afrika” na te streef en nie net die regte van Afrikaners nie. Die organisasie is ook in hul manifes daartoe daartoe om “skikkings vir die botsende belange van gemeenskappe op voortdurende grondslag te soek”, iets wat Afriforum nie doen nie.
Basson glo Afrikaners is tans gelukkiger as in 1994.
Kriel het gesê die sukses van AfriForum se hofgedinge wys dat dié groep se vrese in werklikheid gegrond is.
“Afriforum wen byna elke saak in die hof. Die feit dat ons die sake wen waarmee ons hof toe gaan beteken dat ons binne die reg optree. Ek dink hoegenaamd nie ons mislei die publiek nie.” Kriel het gesê dis onregverdig om AfriForum te kritiseer vir sy sukses.
“As ons wil sê dis reg dat mense dat mense die hof gebruik om haatspraak aan te vat moet ons nie dubbele standaarde handhaaf en nou Afriforum uitsonder vir onbillike kritiek nie.”
