Wouter Basson weer voor

Ten spyte daarvan dat Wouter Basson nege jaar gelede in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek is, het die Gesondheidsberoeperaad weer in 2007 aanklagte van onetiese gedrag teen die hartspesialis wat die ou weermag se chemiese oorlogvoeringprogram – Project Coast – gelei het, gebring.

Basson het in 2008, die Pretoriase hooggeregshof genader om die verhoor teen hom te stop, en sê die Raad is bevooroordeeld en sal enige iets doen om hom te beskuldig van onprofessionele gedrag.

Verlede jaar het die hof Basson se aansoek van die hand gewys. Die raad het sy verhoor Maandag hervat.

Vroeër in die dag, is dr Ben Steyn, die militêre dokter wat by Basson in 1993 Project Coast oorgeneem het, geroep om te getuig oor sy 2008-aansoek by die Gesondheidsberoeperaad vir toestemming om ‘n vlieënier in chemiese navorsings-program vir die weermag te gebruik.

Steyn se getuienis is in camera gehoor, en sou na verwagting oor ‘n uur neem, maar het slegs ‘n paar minute geduur.

Volgens die Raad se hoofbestuurder vir regsdienste, Tshepo Boikanyo, het Steyn gesê dat hy regsadvies nodig het, en die toestemming van sy bevelvoerders om te getuig.

Basson se regspan, onder leiding van Jaap Cilliers SC – wat Basson reeds suksesvol verdedig het – het vroeër gevra dat Steyn se geklassifiseerde brief aan die Gesondheidsberoeperaad waarin hy aansoek gedoen het vir toestemming om die loodsstudie uit te voer, sowel as die raad se resolusie oor die aansoek, en ander korrespondensie tussen Steyn en die Raad, as getuienis toegelaat word.

Die staatsaanklaer het gesê Cilliers se aansoek om toegang tot die dokumente is onnodig en sal die verhoor verleng. Hy het gesê die dokumente het geen invloed op Basson se saak nie, omdat dit verband hou met ‘n tydperk lank voor Steyn se aansoek.

Maar Cilliers meen toegang tot hierdie dokumente is “uiters belangrik vir Basson se verweer en vir die komitee om ‘n behoorlike bevinding te maak.”

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae