Minstens sewe mense moet vandag in die hof verskyn, na ‘n gewelddadige betoging op die N-een snelweg naby De Doorns in die Boland.
‘n Groep betogers van die GG-informele nedersetting het motoriste met klippe bestook.
Die snelweg was gister vir etlike ure gesluit. Inwoners eis elektrisiteit en huise. Die toestand is volgens berigte weer kalm vanoggend.
‘n Woordvoerder van die polisie, Frederick van Wyk sê die sewe verdagtes sal aangekla word van openbare geweld, aanranding en opsetlike saakbeskadiging.
De Doorns was reeds in die nuus nadat inwoners buitelanders aangeval en uitgedryf het tydens die opwelling van vreemdelinghaat ‘n paar jaar gelede.
