praag.co.za

Swarte maak kennis met Kiwi-rassisme

Vata Ngobeni, ‘n swart Suid-Afrikaanse rugby-joernalis, is in die vroeë oggendure aangehou nadat die polisie in Taupo, Nieu-Seeland, hom in ‘n kroeg aangekeer het.

Die polisie het vermoed dat Ngobeni, ‘n werknemer by Pretoria News, ‘n dwelmhandelaar is. Hy is ook ‘n rugby-ontleder vir die SABC.

Ngobeni is Maandagoggend na ‘n polisiestasie geneem en deursoek. Hy moes al sy klere uittrek.

“Ek is nog nooit so verneder in my lewe nie,” het Ngobeni gesê.

Hy is kort ná die deursoeking weer vrygelaat.

“Ek het nog nooit hierdie soort behandeling gekry nie… om voor so baie mense as ‘n misdadiger uitgesonder te word, is iets wat ek nooit sal vergeet nie.”

Hy het aan die polisie verduidelik dat hy ‘n joernalis is wat die Springbokke se toer in Nieu-Seeland vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi dek.

‘n Polisiebeampte het gereageer en gesê Ngobeni pas by die profiel van ‘n dwelmhandelaar.

Polisiebeamptes op die toneel het gesê hulle het hom na die polisiestasie geneem want “standaardprosedures” is gevolg.

Taupo-inwoners wat teenwoordig was, sê hulle het simpatie met Ngobeni.

“… Daar is ‘n paar idiote in die varkfabriek (polisiestasie) in hierdie dorp,” het ‘n bejaarde man gesê.

‘n Ander ooggetuie het gesê die polisie is geneig om “ou motors met swart bestuurders” vas te trek.

Die polisie het Ngobeni later om verskoning gevra.

“Ek sal Taupo nooit weer besoek nie, dis vir seker,” het die swart joernalis gesê.

данильченко юрій броніславович компромат

Comments

Leave a Reply