Appèl aan ANC toegestaan teen ‘skiet die Boer’-uitspraak

Die ANC se aansoek om verlof tot appèl teen die ‘Skiet die Boer’-uitspraak is Donderdag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof toegestaan teen die beslissing dat Malema skuldig aan haatspraak is.

Regter Colin Lamont het in die gelykheidshof bevind dat die woorde “dubula iBhunu” (“skiet die Boer”) op haat­spraak neerkom.

Die saak teen Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, is gebring nadat hy die woorde by verskeie openbare geleenthede gesing het. Die klagte is deur AfriForum en TLU-SA ingedien.

Die Johannesburgse Hooggeregshof se Regter Lamont het egter Donderdag gesê: “Daar is ‘n redelike vooruitsig dat ‘n ander hof tot ‘n ander gevolgtrekking as wat ek het, sal kom.”

AfriForum se prokureur, Willie Spies het gesê dat hy die uitspraak verwag het, omdat die saak ‘n hoë-profiel aangeleentheid is. “Ons het gehoop hulle sou die geleentheid gebruik as ‘n beginpunt vir die herstel van die verhoudings in die land,” het Spies gesê.

Malema en die ANC se regsverteenwoordiger Muzi Sikhakhane, het in die hof aangevoer die partye doen aansoek om ‘n voorwaardelike appèl. Dit was op die basis dat indien die Grondwethof appèl weier, hulle steeds die Appèlhof kan nader.

AfriForum en TLU-SA is een maand gegun om ‘n kruis-appèl aan te teken.

Die koste van die appèl sal beslis word deur die Hooggeregshof, het Lamont gesê.

In die tussentyd, word Malema nog verbied om die liedjie te sing, het Spies gesê.

“As hy dit sing … dit sal minagting [van die hof] wees.”

Spies se opmerking is deur Sikhakhane betwis, wat gesê het: “Nou dat die appèl daar is, is die bevel opgeskort.”

Afriforum is steeds vol moed dat die howe die roete is om Malema se mond te snoer, ten spyte van die ANC se openlike minagting van die uitspraak. “AfriForum het reeds twee hofsake met kostes teen Malema gewen en is gereed om dit ‘n derde en vierde keer in onderskeidelik die appèlhof en grondwethof te doen,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

топкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae