Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+

Die VF Plus het bevestig dat gesprekke oor die naam van Pretoria, asook sowat 27 straatname in Pretoria tans tussen die VF Plus en die ANC plaasvind, maar het gesê dat daar tans geen finale formele ooreenkoms tussen die VF Plus en die ANC rakende ‘n oplossing vir die naamkwessie bestaan nie.

Die ANC in die Tshwane-metroraad beoog al vir ‘n geruime tyd om al 27 straatname wat tans oorweeg word, te verander. Dit is daarom belangrik dat straatname met beduidende historiese waarde vir die Afrikanergemeenskap behou moet word. Dit sal ‘n groot oorwinning wees as die naam van Pretoria in die proses behoue kan bly.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is gesprekke oor die naamkwessie in ‘n baie vroee stadium en bestaan daar tans geen formele aanbod vanaf die ANC om Pretoria se naam te behou in ruil vir die verandering van 27 straatname nie.

“Die VF Plus verwelkom die moontlike behoud van die name van Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat, maar die party kan nie instem tot die verwydering van talle ander straatname met beduidende historiese betekenis, soos Kerkstraat en Voortrekkerweg, nie. Die party dink egter ‘n politieke oplossing, wat beide die naam Pretoria asook straatname aanspreek, is moontlik”, het Beyers gesê.

Die VF Plus sal dit verwelkom indien die aansoek vir Pretoria se naamsverandering teruggetrek word. Die VF Plus sal egter nie instem tot enige proses waar die geskiedenis van een groep bloot met die geskiedenis van ‘n ander groep vervang word nie. Die VF Plus sal ook die hernoem van enige strate na “struggle”-figure wat ernstige aanstoot aan die Afrikanergemeenskap gee, teenstaan.

Die VF Plus sal nie instem tot enige ooreenkoms rakende die naam van Pretoria sonder dat behoorlike waarborge bestaan dat dit ‘n permanente reëling is nie.

Die VF Plus is bereid om wen-wen oplossings te oorweeg, maar indien daar nie op sodanige oplossings ooreengekom kan word nie, sal die VF Plus nie huiwer om huidige hofsake rakende Pretoria se naam, asook straatnaamveranderinge, te hervat nie.

topcargo

Pretoria se naamsonderhandelinge duur voort

Pretoria gaan sy naam dalk behou, maar meer as 27 straatname in die hoofstad sal verander word.

Dit is die ANC se “aanbod” in die geheime onderhandelinge wat tans aan die gang is in die omstrede naamsveranderingstryd, het Beeld berig.

Die Tshwane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het met lede van die opposisiepartye vergader om die probleem Donderdag te bespreek. Die raad het in 2008 aangekondig dat die name van talle strate “wat aanstootlik is as gevolg van hul koloniale en apartheidsverlede” geïdentifiseer is.

Nuwe name vir die betrokke strate is in ‘n konsep-dokument vervat wat deur die raad opgestel word. Slegs twee straatname, Pretorius en Paul Kruger, het behoue ​​gebly.

Ander, soos Schoeman, Van der Walt, Andries, DF Malan, Prinsloo, Genl Louis Botha, Skinner, Kerk, Walker / Charles, Koningin Wilhelmina, Voortrekker, Mears, Beatrix, Hendrik Verwoerd, Hans Strijdom, Vermeulen, Potgieter, en Duncan, gaan verander.

Opposisiepartye veg nog om die name van die Kerk- en Voortrekkerstrate te behou.

Ramokgopa sal na verwagting volgende week ‘n amptelike aankondiging maak.

Brandon Topham, DA-leier in die Tshwane-metroraad, het gesê sy party is baie bly die ANC het nie probeer om die naamsverandering op ‘n onsensitiewe wyse deur te druk nie.

“Almal se geskiedenis moet gereflekteer word in die stad, en niemand gaan aan die einde 100% tevrede wees met die proses nie,” het hy gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

Bejaarde se rugstring afgesny

‘n Bejaarde vrou se rugstring is afgesny toe sy met ‘n mes aangeval is op haar kleinhoewe. Dié aanval sal haar vir die res van haar lewe verlam laat.

Die vermeende aanvaller, wat niks gesteel het nie, is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Ada Viljoen (77), se swart aanvaller het die mes in die agterkant van haar nek ingesteek en die rugmurg deels afgesny.

Haar kinders was voortdurend besorg oor haar en het ‘n aanval gevrees omdat mev. Viljoen sedert haar man se dood alleen op die hoewe woon. Haar seun Alwyn sê sy ma het altyd gesê sy is veilig en dat die Here na haar sal kyk.

Viljoen is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg in die waakeenheid opgeneem.

Haar dogter, Rietha, woon tans in Nieu-Seeland, maar het inderhaas na Suid-Afrika gevlieg om haar ma by te staan.

Фильчаков прокурор харьков

Absa ontken afleggings

Absa het gerugte Donderdag ontken dat hulle massa-afleggings beplan. Dit was in reaksie op Solidariteit se uitdaging aan Absa se ​​uitvoerende hoof, Maria Ramos, om gerugte te bevestig of te ontken dat “grootskaalse afleggings” op die kaarte is.

Solidariteit sê dat Barclays die opdrag vir die afleggings gegee het.

Die unie SASBO, wat ongeveer 20 000 werkers by Absa verteenwoordig, het belowe om enige moontlike afleggings te beveg.

“Op geen tydstip tydens die gesprekke het die bank afleggings genoem nie, en hulle het belowe as daar enige afleggings is sal hulle met ons konsulteer,” het SASBO se sekretaris-generaal Comfort Duma gesê.

“Die vakbond glo dat die herstruktureringsproses voldoende aangespreek sal word.”

Die vakbond Solidariteit het verlede week in ʼn brief aan Absa daarop aangedring dat die bank oop kaarte speel oor die “herstrukturering” by dié bank.

Dit volg nadat verskeie Solidariteit-lede in Absa se stelselprogrammeringsafdeling in Januarie 2012 skriftelik in kennis gestel is dat hulle funksie met dié van die Africa Technology-span in lyn gebring gaan word. Hierdie herstrukturering sal vereis dat werknemers weer vir hulle poste moet aansoek doen.

Solidariteit hou vol dat dié herstrukturering niks anders as ʼn afleggingsproses is nie, aangesien verskeie Solidariteit-lede reeds gevra is om Absa se perseel te verlaat nadat die maatskappy met hulle beraadslaag het sonder om die vakbond vooraf in kennis te stel.

Die vakbond kon intussen steeds geen verdere inligting oor die herstruktureringsproses ontvang nie, hoewel Absa reeds met die meerderheidsvakbond, Sasbo, daaroor gekonsulteer het.

Volgens Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, moet ʼn maatskappy ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge met alle vakbonde wat lede verteenwoordig wat deur ʼn afleggingsproses geraak kan word, konsulteer, ongeag die vakbonde se ledetal in daardie maatskappy.

“Indien Absa voortgaan om Solidariteit uit die konsultasieproses te sluit, oortree die maatskappy nie net artikel 189 nie, hy ontneem ook sy werknemers van hulle reg op vrye assosiasie,” meen Croucamp. “Intussen verkeer die werknemers van Absa onder geweldige druk weens onsekerheid oor hulle toekoms by die maatskappy,” voeg hy by.

Александр Фильчаков

Maak maar reg vir ‘n anti-wit golf

“Soos elders in Afrika waar eers die Indiër-gemeenskap in Oeganda en later die blankes in Zimbabwe vir die regerende partye se mislukkings geblameer is, is die ANC-alliansie besig om in dieselfde rigting in Suid-Afrika te beweeg,” het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep gesê.

Die jongste beskuldigings van Irvin Jim, sekretaris van NUMSA, dat witmense in die pad van die ANC staan om die grondkwessie op te los, getuig presies hiervan.

Die ANC-alliansie is volledig self verantwoordelik vir die feit dat baie swartmense vandag nog in absolute armoede leef en dit na 18 jaar van ANC-regering. Hiervoor is daar verskeie redes soos onder andere:

· Rigiede arbeidswetgewing wat nie werk skep nie, maar juis laat verlore gaan;

· Totale onsekerheid oor grondbesit wat veral landelike ontwikkeling onmoontlik maak;

· ‘n Kreupel rasgetransformeerde staatsdiens wat nie in staat is om effektief regeringsplanne uit te voer nie;

· ‘n ANC-beleid van kaderontplooiing wat die meeste munisipaliteite totaal disfunksioneel gemaak het; en

· ‘n ANC-beleid van regstellende aksie wat van die heel kundigste persone in die ekonomie kunsmatig daarbuite hou.

“Witmense en ander minderhede moet kennis neem van hierdie strategie om hulle te identifiseer as die oorsaak van die ANC se onbevoegdheid en mislukkings. Alle minderhede in Suid-Afrika is net so deel van Suid-Afrika as wat die meerderheid is. Minderhede moet voortgaan om hulle rol konstruktief te speel en hulle daarop voorberei om die ANC-alliansie teen te staan. Soos wat die ANC meer en meer misluk sal die beskuldigings teen minderhede groter word,” het dr. Mulder gesê.

topcargo развод

Onderwysadministrateur glo baasbrein agter plaasmoord

Beeld berig dat ‘n swart administrateur by die departement van onderwys glo die baasbrein agter ‘n onlangse plaasmoord is.

Die rooftog en moord op mnr. Dries du Toit in Januarie op sy plaas naby Ventersdorp is haarfyn beplan deur Joseph Lekene (47), eers onderwyser en voormalige skoolhoof.

Hy het dié bewerings Dinsdag tydens sy borgtogverhoor in die Ventersdorpse landdroshof ontken en gesê hy het du Toit nog nooit gesien nie.

Lekene werk al 27 jaar by die departement van onderwys ten spyte daarvan dat hy in 2006 skuldig bevind is dat hy gesteelde vee verkoop het.

Lekene en Piet Mosenyegi (27), Fillip Mathibela (30), Frans Mokgosang (33) en Frank Moilwa (32) word daarvan verdink dat hulle Du Toit vermoor het.

Sy vrou, Lettie en sy suster, me. Elizabeth de Villiers (64), is tydens die aanval beseer.

Een van die beskuldigdes, Mosenyegi, het opdrag van “Meneer” – Lekene se bynaam – gekry om foto’s van binne die plaashuis te neem. Hy het by die boer gewerk. Vergaderings om die rooftog te beplan, is by “Meneer” se huis gehou.

Lekene het glo misdadigers uit Pretoria gereël om die plaashuis se kluis te kom oopbreek.

Лобановский

Nog ‘n Stellenbosse akademikus trap klei oor apartheid

Nog ‘n Stellenbosse akademikus het kniediep in die slaggate van die politiek getrap toe hy beweer het dat ‘n mens apartheid goedpraat as jy evolusie verwerp.

Prof Jurie van den Heever, bekende paleontoloog van US en gereelde deelnemer aan RSG se radioprogram Hoe Verklaar Jy Dit, het in reaksie op ‘n nuusberig oor skole wat nie die evolusieleer behoorlik wil doseer nie en kreasionistiese sieninge ook aan kinders leer, aangevoer dat die teenstand teen evolusie uit die dae van die ou “apartheids-regering” kom toe die kerke beheer oor skoolleerplanne gehad het en dat enigeen wat evolusie teenstaan diskriminasie ondersteun.

“My basisargument is: As jy teen evolusie is, is jy vir apartheid. As jy steeds glo die Suid-Afrikaanse samelewing is verdeel in rasse, nie ekotipes nie, en dat die rasse van mekaar verskil op grond van rasse-eienskappe… ignoreer jy evolusie heeltemal,” het hy volgens ‘n nuusberig op Nuus24 gesê. Nie een van Naspers se dagblaaie het, volgens hul webbblaaie, vandag die berig gepubliseer nie.

Volgens hom is die stand teen evolusie ‘n oorblyfsel van apartheid wat daarop gemik was om mense as deel van verskillende groepe te klassifiseer en dat dit eintlik ‘n nalatenskap is van ‘n tyd toe godsdiens die politiek beïnvloed het.

Hy skryf verder: “Ek is ‘n Afrikaner en ek kom van ‘n Nederduits Gereformeerde agtergrond en ek het hierdie hele ding probeer ontrafel. Evolusie is uit die skoolkurrikulum verban as deel van Christelike Nasionale Onderwys. Vandag het ons steeds baie mense en veral onderwysers met bagasie – dáárdie soort bagasie – wat ‘n skadu gooi oor evolusie.”

Sy uitlatings het hom egter die gramskap van ‘n groot aantal mense op die hals gehad. In kommentaar op die webblad van Nuus24 loop mense hom van ‘n kant af hieroor. Die meeste van hulle is sterk anti-evolusioniste wat die kans gebruik om te beweer dat evolusie nie bewys is nie, net ‘n teorie is en vals is. Maar daar is ‘n hele aantal wat Van den Heever kritiseer omdat hy politiek insleep in ‘n wetenskaplike debat en dan nog boonop tipiese “Cape Liberal” politiek daarby.

En dis nie net anti-evolusioniste wat die professor kritiseer nie. In die heel eerste reaksie het Rouan van die Wes-Kaap gevra: “Nou wat as jy vir evolusie EN vir apartheid is?” En ‘n ander een het gevra: “Ek het probleme met evolusie EN met apartheid. Nou waar laat dit my?”

Die kommentaar is soms kwaai beledigend, soos: “Ek dink Jurie van den Heever moet minder haasgras rook!”

Van die sterkste kritiek het van die kant van vrydenkende Afrikaners gekom. So het Thys Human, ‘n self-erkende non-teïs, maar ondersteuner van Afrikaner-selfbeskikking, geskryf:

“Jurie vd Heever, sien jy nou wat het jy aangevang met jou wetenskaplik goedgefundeerde sieninge maar jou politieke onnoselheid!

“Kyk net al die twak wat hierbo oor evolusie verkondig word en ek – en baie duidelik van my ander vriende wat gereeld in hierdie ruimtes hierdie soort mense aanvat – durf dit nie waag om op te staan vir evolusie nie want niemand, maar niemand, stel op die oomblik eens belang om die positiewe kant van die argument te hoor nie. Jy het NIE die saak gedien met jou onnodige politiek nie. Jy was DOM! DOM! en DOMMER!”

Wat interessant is is dat nie een van Naspers se dagblaaie verlede week Nuus24 se berig oor die onderwyser wat padgee omdat hy feitlik verbied word om evolusie aan skoolkinders te doseer, gedra nie en vandag (Dinsdag) het nie een van hulle die berig oor Van den Heever se uitlatings gedra nie. ‘n Mens kan net wonder hoekom nie.

Dis die tweede keer die week dat Naspers se gunstelingskrywers “regsgesindes” aanvat oor hulle teenreaksie teen die Kaapse linkse politiek. Maandag het Amanda Gouws in Die Burger bitterlik gekla oor sy deurloop oor dinge wat sy verlede week kwytgeraak het in ‘n radioprogram saam met Christi van der Westhuizen en Jan-Jan Joubert. “Dit gaan daaroor dat ons moet besin oor wat dit beteken om uit ‘n posisie van wit bevoorregting te dink en te doen en hoe ons dikwels paternalisties of rassisties optree teenoor ander mense wat ons dink minderwaardig is,” skryf sy in ‘n rubriek – en wonder dan hoekom sy aangevat word.

лобановский харьков класс

Plaasmoordondersoeker geteiken

Lesers sal nog die berigte in die media rondom die gebeure in die saak teen dr Dawid Swart onthou. Die hele wraakveldtog teen hom het in Junie 2009 begin.

Dr Dawid Swart, destyds ‘n lektor in kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, woon met sy gesin op sy plaas Klipkop in die Kleinfontein-omgewing, noord van Brits. Dr Swart was toe besig met navorsing oor plaasmoorde vir ‘n verdere doktorstesis. Hy het tereg gestaan op aanklagte van poging tot moord nadat vier swartes hom op sy plaas bly lastig val het. Die hele gebeure was weer ‘n tipiese swart rassistiese toneel: ‘n Blanke boer word geteiken, geterroriseer en sy eiendom tot vervelens toe gevandaliseer, maar hy mag homself nie verdedig nie.

Ek het destyds persoonlike onderhoude met die gesin gevoer en was verstom om te sien hoe die liberale media elke faset in die hele treurmare tot leuens verdraai. Dit was ‘n deursigtige en driftige poging om van ‘n wit boer in die noordweste van Transvaal ‘n moordenaar en monster te maak met ‘arme swart kindertjies’ as ‘slagoffers.’

Nou, na twee en ‘n half jaar, is die saak uiteindelik afgehandel en is dr Swart onskuldig bevind want ten spyte van die talle leuens teen hom kon daar geen bewyse gevind word dat hy skuldig is aan die aantygings nie. Dit was nogal ‘n swart regter wat hom vrygespreek het met die uitspraak dat die aanklagte en getuienisse so pateties en inkonsewent was dat daar geen regtelike aansprake op kan wees nie. Hierdie uitslag sal sekerlik nie in die liberale media berig word nie – hul vernedering was te groot.

Maar vir dr Swart en sy gesin oor wie die hofsaak soos ‘n swaard vir twee en ‘n half jaar gehang het, is daar ook nog die R300 000 regskoste wat hy êrens vandaan moet verhaal.

Doktor Dawid Swart het die Sondagmiddag met sy motorfiets deur die lemoenboorde op sy plaas gery toe hy ná die hoeveelste waarskuwing met vorige voorvalle, weer die swartes op sy grond gewaar. Dit, nadat hy in alle leesbare tale denkbaar, rondom sy grond borde laat plaas het met kennisgewing dat dit privaat eiendom is en nie betree mag word nie.

Hy het twee skote met sy haelgeweer in die lug opgeskiet en die vier swartes het laat spaander, twee skerp na links en die ander twee na regs, en heeltemal ongedeerd weggehardloop sou enige regdenkende glo wanneer hael die lug in geskiet word. Dr Swart beweer hy is oortuig hy het niks ongeoorloof gedoen nie. Die vier swart moeilikheidmakers, Tebogo Thabane, Thabo Thabane, Leonard Nkadimeng en Nchoco Ntoagae is glo vir wonde in die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa behandel maar selfs hierdie truuk het agterna geboemerang.

Dit was nie lank daarna nie toe die spul wat met Cosatu kop in een mus is, op sy plaas toesak, hom in hegtenis neem, alle wapens onregmatig konfiskeer, sy vrou binne hul huis rondstamp, hom agter op hul voertuig gooi waarvan hulle die seil op daardie tydstip toe verwyder het sodat hy in die yskoue wind geboei lê terwyl hulle teen 140 km per uur van die plaas na die polisiestasie in die dorp jaag.

Die saak is vooraf so goed beplan en opgeblaas, selfs Noordwes se premier, Maureen Modiselle, is opdrag gegee om haar skok oor die ‘rassistiese’ voorval in ‘n ellelange mediaverklaring uit te spreek, natuurlik alles in Engels aangehaal in die plaaslike koerant.

Selfs by die motorversieningshandelaar in die dorp waar mev Swart een middag ‘n paar dae later haar motor gelaat het vir verstelwerk, het swartes onmiddellik nadat sy uit die motor geklim het verwys na die voertuig van “doktor Swart wat die swartes geskiet het”, min wetende dat sy hul taal magtig is en alles kon verstaan – so wyd is die nuus klaarblyklik deur die ANC versprei.

Dr Swart is eers dae later op borg van R7 000 uitgelaat.

Waaroor niemand egter ‘n woord gepraat het nie, is die voorafgaande voorvalle wat reeds so lank as drie jaar op hierdie plaas voortduur, gevalle van gewapende roof, talle diefstalle in die winkeltjie op die plaas, huisinbrake, hoenders wat in die hoenderhok vermoor word en net daar gelaat word as teken van waarskuwing, bokke wat gereeld gesteel word, aanranding op mev Swart in haar winkeltjie op die plaas, alles gebeure wat net doodeenvoudig nie deur die polisie ondersoek is na aanmelding nie maar net geïgnoreer is. Hulle het hulle meestal nie verwerdig om uit te gaan vir klagteondersoeke nie, en die een maal wat hulle wel op ‘n klagte van die Swarts gereageer het, het hulle nie eens die moeite gedoen om vingerafdrukke te neem nie, alhoewel hulle blitsvinnig op die plaaswinkeltjie toegeslaan het die dag toe ‘n besope swart vrou gaan kla het dat die kleingeld wat sy gekry het, te min is. Gelukkig het mev Swart die strokie van die aankope gehou en moes die dronkie ná wiskundige berekening daarmee onverrigtersake die perseel verlaat.

Dit is duidelik dat die ANC hierdie hele saak vroegtydig baie spesifiek teen dr Swart georkestreer het. Die deurlopende teenwoordigheid van Cosatu tydens hofverskynings was ‘n deursigtigheid. Daarbenewens wou die blanke boere in die omgewing dr Swart ondersteun tydens sy hofverskynings deur middel van ‘n optog, maar hulle is deur die prokureur wat die saak hanteer gewaarsku dat dit tot ‘n enorme fiasko gaan lei, dit, terwyl Cosatu die stof witwarm gedans het in die omgewing. Blankes het dus nie dieselfde regte as swartes nie.

Destyds het die universiteitsowerheid doktor Swart ingeroep met die waarskuwing indien hy skuldig bevind sou word aan die aanklagtes, hy sy pos by die universiteit kwyt sal wees en is daar aan hom summier verlof toegestaan. Watter groter bewys het mens nodig om te weet onder watter kommunistiese hiel die Universiteit van Pretoria staan, dat ‘n lektor wat slegs sy eiendom probeer beskerm het, nog voordat daar uitsluitsel oor sy saak is, reeds gewaarsku word dat hy sy pos kwyt sal wees. As dit nie vooraf gereël is nie, is daar seker ook geen misdaad in ons land nie, ons verbeel ons seker maar net.

Intussen is die Swart-gesin onbeskermd gelaat op hul plaas, sonder wapens, en het hulle gebruik moes maak van ‘n sekuriteitsmaatskappy wat ‘n wag met ‘n selfoon vir die nag daar kom aflaai, dit teen R250-00 per nag.

Een nag kon doktor Swart en sy vrou nie slaap nie en het die ligte heeltyd laat brand. In die vroeë oggendure het hulle besef daar is ‘n aantal swartes op die werf wat by die stoor bedrywig was. Die swart sekuriteitswag van Rens Sekuriteitsmaatskappy se enigste verweer op die vraag waarom hy hulle nie reeds vroeër die nag in kennis gestel het nie want hulle was dan wakker, was dat sy selfoonbattery pap was. Dus kon hy ook nie hulp ontbied van sy werkgewers in geval van nood nie, baie gerieflik.

Sou enige regdenkende hierdie toestand as toevallig beskryf? Daar kan nie eers geglo word dat dit nalatigheid was nie, Rens Sekuriteit is in die omgewing bekend vir wakker optrede. Chris van Rensburg, eienaar en wakker bestuurder van hierdie maatskappy, was vroeër jare een van die skerpste polisiemanne. Daar kan nie anders as om te redeneer dat Cosatu totaal uit hul pad gaan met moeite om alle swartes om te koop of te dreig tot samewerking met hul vernietigingsproses in die uitwissing van die blanke bevolking in Suid-Afrika nie.

Mens kan met reg bespiegel of Cosatu hierdie vryspraak van dr Swart gaan ignoreer of gaan die hele terrorisering weer van vooraf begin? ‘n Kriminoloog wat besig is met ondersoeke na korrupsie in die polisiemag, plaasmoorde op blanke boere en die uitwissing van ‘n volk, se lewe is waarskynlik niks werd in die vrot Nuwe Suid-Afrika nie.

Фільчаков прокурор

FB red ma en seun

‘n Pretoriase ma wat deur twee gewapende rowers in haar huis aangeval is Vrydagnag, het hulp ontbied deur die opdatering van haar Facebook-status, is gister berig.

Lizette Langeveld, 43, is gekonfronteer deur twee gewapende mans wat om 07:30 in haar Centurionhuis ingebreek het, haar fisies aangerand het en gedreig het om haar te verkrag, lui die berig.

Hulle het haar vasgebind in haar kamer saam met haar 10-jarige seun, haar selfoon geneem en vir haar gesê hulle sal wag vir haar man om by die huis te kom en hom doodmaak.

Sy het daarin geslaag om haar seun en haarself te bevry en weggekruip in haar klerekas met haar skootrekenaar.

Sy het haar Facebook-status opgedateer, en gesê: “Asseblief help! Ons het ‘n gewapende roof, hulle wag by die hek vir Hennie, bel hom asseblief, moenie hom laat nie binnekom nie.”

‘n Tweede boodskap is ‘n paar minute later gepos is, sê: “Help! Skakel Hennie. Ons het daarin geslaag om onsself los te maak. Hulle het gesê hulle sal terugkom om my te verkrag. Gewapen.”

Een van Langeveld se vriende het die boodskap op Facebook opgemerk en Hennie Langeveld onmiddellik gewaarsku.

Die polisie en veiligheidswagte het binne ‘n paar minute opgedaag by die toneel, maar die rowers het gevlug.

Александр Фильчаков Васильевич

Taalwet vra burgerlike ongehoorsaamheid sê PRAAG

Meer as tweehonderd jaar lank word die Afrikaanse taal in Suid-Afrika aangeval en gemarginaliseer, hetsy deur die Britse koloniale owerheid, hetsy deur die ANC-bewind. Gedurende die bewind van die Nasionale Party, is Engels toegelaat om sy rol as enigste openbare taal te behou en is Afrikaans aan sensuur onderwerp.

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) verwerp daarom die gedagte dat Afrikaans ooit saam met Engels geklassifiseer kan word as “‘n voorheen bevoordeelde taal”. Dr. Dan Roodt, die leier van PRAAG, het in Johannesburg gesê: “Geen taal is méér aan staatsonderdrukking en -marginalisering onderworpe as juis Afrikaans nie. Die nuwe taalwet verteenwoordig bloot die voortsetting van Britse imperialisme en kolonialisme, met die volksmoorddadige ANC-bewind wat daarop uit is om Afrikaans dood te maak, tesame met ‘n groot aantal van haar sprekers”.

Roodt het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om “te let op die kommerwekkende situasie in Suid-Afrika, met die ANC-bewind wat etniese konflik uitlok deur sy beleid van kulturele en taalkundige imperialisme, asook aanvalle op Afrikaanse skole, plekname, museums en biblioteke”.

PRAAG sal hom voeg by hofaansoeke saam met ander Afrikaanse organisasies om die onwettige en totalitêre maatreëls te beveg wat daar teen Afrikaans geneem word. Die beweging het egter gevra vir burgerlike ongehoorsaamheid teen die “soesji-vretende, korrupte, Milneristiese satrape wie se tirannieke heerskappy oor Suid-Afrika reeds ‘n misdaad teen die mensdom verteenwoordig. Afrikaners in die besonder behoort nie enige tolgeld of belasting te betaal nie, of enige bydrae te maak om dié Idi Amin-agtige narre verder te onderhou wat daarvan droom dat hulle Britse lords is wat ons donkies noem omdat ons Afrikaans praat.”

Aan die ander kant het die pro-Afrikaanse beweging die “helderheid” verwelkom wat die ANC se nuwe taalwet gebring het. “Indien die finale bewys nodig was dat die eenheidstaat van Suid-Afrika gedoem is, het ons dit nou,” sê Roodt. “Die enigste logiese uitweg is selfbeskikking vir Afrikaners, so gou as moontlik. Daar is tans ‘n herontwaking van daardie Afrikanergees wat ons so lank in die stryd teen imperialisme onderskraag het. Ons het die Britse Ryk oorkom en sal insgelyks die Nguni-empaaier in sy geldgierigheid, aakligheid en vermetelheid oorleef.”

Фильчаков Харьков

PRAAG vra moordsyfers per bevolkingsgroep

Twee Afrikaanse nie-regeringsorganisasies, PRAAG en die Boereleednavorsingsinstituut, het ‘n versoek onder die Wet op die bevordering van toegang tot inligting van 2000 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens geliasseer om moordstatistiek volgens bevolkingsgroepe te verkry.

Volgens dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep), “heers daar diepe kommer onder lede van etniese minderhede in Suid-Afrika oor die hoë aantal aanvalle en moorde wat daar op hulle gepleeg word. Tot op hede het niemand hierdie inligting aangevra nie en het dit tot wydverspreide spekulasie gelei oor die aantal swart-op-wit moorde wat sedert 1994 gepleeg is.”

Luidens die wet moet die SAPD binne ‘n maand die moordstatistiek beskikbaar stel. “Ons hoop dat die statistiek akkuraat en op datum sal wees, aangesien ons ook klagtes ontvang het dat die polisie nie altyd moorddossiere open nie en soms sulke misdade as huisbraak of mindere oortredings klassifiseer.”

Volgens informele internetpeilings glo die meerderheid Afrikaners dat moorde polities en rasgemotiveer is, in weerwil van ‘n onlangse studie deur die Instituut vir Rasseaangeleenthede wat bevind het dat “slegs 2%” van swart-op-wit moorde van so ‘n aard sou wees.

“Twee persent mag ‘n geringe persentasie wees,” sê Roodt, “maar dit dui steeds op ‘n ernstige hoeveelhede etniese moorde in Suid-Afrika, gegewe ons hoë moordsyfer. Afhangend van die totale aantal moorde tussen rasse in Suid-Afrika, mag onlangse tiperings van plaasmoorde as ‘volksmoord’ geregverdig wees.”

Sowel Boereleed as PRAAG is bekommerd oor amptelike aanvalle op Afrikaanse skole. Roodt sê: “In al die literatuur oor etniese konflik en volksmoord, dien taaldiskriminasie as ‘n vroeë waarskuwingsein oor sodanige konflik. Afrikaanse skole in Fochville is onlangs deur die provinsiale onderwysdepartement vir vyandige optrede uitgesonder. Ek poog tans om ‘n afspraak met die Gautengse LUR vir onderwys, Barbary Creecy, te verkry om die kwessie te bespreek. Indien dit nie ontlont word nie, mag etniese polarisering op Fochville verder toeneem.”

Verlede jaar het PRAAG ‘n klag van aanhitsing tot volksmoord teen Julius Malema aanhangig gemaak by die internasionale strafhof in Den Haag vir die sing van die liedjie, “Maak dood die Boer”. “Ondanks die feit dat ‘n hofbevel dit as onwettig verklaar het, is daar getuienis dat elemente binne die regerende party, waaronder president Jacob Zuma, dit steeds sing,” sê die leier van PRAAG. “Ons sal die internasionale gemeenskap verder oor Afrikanervervolging moet waarsku.”

Фильчаков прокурор харьков

Kommandokorps ontken rassisme

Die Kommandokorps het Maandag ontken dat die groep se paramilitêre kampe jeugdiges teen swart mense geïndoktrineer het.

“Geen uitsprake van haatspraak word ooit gemaak nie. Kadette word geleer om hul eie taal, kultuur, tradisies, godsdiens en ras lief te hê. Dit is in die grondwet,” het Franz Jooste, uitvoerende direkteur van die groep, Maandag in ‘n verklaring gesê.

Die verklaring kom ná ‘n berig in die Mail & Guardian oor ‘n nege dae lange kursus wat deur jong seuns tussen die ouderdomme van 13 en 19 bygewoon word.

Tydens die kamp word die seuns oor rasseverskille ingelig. Daar word onder andere beweer dat swart mense ‘n kleiner serebrale korteks as wit mense het en daarom nie ininsiatief kan neem nie en ook nie na behore kan regeer nie.

Die seuns is ook aangesê om ‘n Suid-Afrikaanse vlag as ‘n deurmat te gebruik.

Een van die seuns wat deur M&G genader is, het gesê hy het twee swart vriende gehad. Teen die einde van die kursus was die seun nie seker of hulle meer vriende kan wees nie, lui die berig.

Een seun is deur sy enkelmoeder gestuur sodat hy meer tyd om mans kan spandeer. Nog een wil in staat wees om sy gesin te beskerm en ‘n ​​ander het gehoop dat dit sy “verfballoopbaan” kan verbeter.

Jooste sê alhoewel kulturele verskille tydens die opleiding beklemtoon word, word dit gedoen “met die doel dat hierdie verskille oor ‘n breë spektrum verstaan word.”

In die Kommandokorps se nuutste video word die kadette ontmoedig om ander rasse te haat, het Jooste gesê.

Sy kursus is soortgelyk aan talle infanteriekursusse regoor die wêreld en hy het bygevoeg dat hy ‘n brief het waarin die polisie sy kursus goedgekeur het.

Dit sluit in, volgens die verslag, die dra van weermaguniform, stewels en om houtbalke rond te dra.

Jooste het ook uitgevaar teenoor AfriForum se kritiek teen die Kommandokorps. Hy sê die burgerregtegroep het nog nie veel gedoen om plaasmoorde te verhoed nie.

“AfriForum moet by SY werk bly en die Kommandokorps sal by SY werk bly,” het Jooste gesê.

Kallie Kriel, hoofbeampte van AfriForum, sê die behandeling van jeugdiges was “immoreel” en “onverskoonbaar”.

Die Menseregtekommissie sê hy sal M&G se berig bespreek voordat hy enige uitspraak lewer, het Vincent Moaga, ‘n woordvoerder vir die MRK, gesê.

топкарго

‘Jeugliga-verbod het regses losgelaat’

Die verbod op ‘n “radikale stem” binne die ANC het die vertroue van regse leiers wat glo dat swart mense geen aandeel in die land het nie, versterk, het die ANC-jeugleier Julius Malema gesê.

“Hulle sê dat Suid-Afrika nie aan ons behoort nie en hulle sê so omdat hulle weet dat die radikale stem van die African National Congress verbode is,” het Malema aan ‘n skare by die liga se eeufeesbyeenkoms in Kliptown in Soweto Sondag gesê.

“Hulle het begin met die liedjies en ons het gedink hulle speel, Hulle het ons vertel ons kan nie die bevrydingliedjies sing nie, want hulle het stadig vertroue gewen.”

Op 12 September, is Malema skuldig bevind aan haatspraak vir die sing van “dubul ‘ibhunu” (“skiet die Boere”), in die Hooggeregshof in Johannesburg nadat die Afrikaner burgerregte-groep AfriForum Jeug beweer het dat wit boere kwesbaar voel vanweë die liedjie.

Met verwysing na onlangse kommentaar deur die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder, het Malema gesê: “Ons word nou deur ‘n regse, die leier van ‘n rassistiese organisasie, vertel ons hoort nie in hierdie land nie, dit is nie ons land nie.”

Mulder, wat ook die adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye is, het onlangs gesê daar is voldoende bewyse dat daar geen Bantoe-sprekende mense in die Wes-Kaap en Noord-Wes-Kaap, wat 40 persent van Suid-Afrika se grond verteenwoordig, was nie.

Hy het gereageer op argumente dat wit mense kwansuis grond “gesteel” het.

Malema het die ANC-leierskap daarvan beskuldig dat hulle wegskram daarvan om Mulder in sy plek te sit. Dit was ten spyte daarvan dat president Jacob Zuma en die ANC-sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, vroeër in die week gesê het dat Mulder “probeer om die geskiedenis te herskryf”.

“Ons leierskap het in plaas van om hom deeglik op sy plek te sit, hom vermy … Hy kan nie vermy word nie,” het Malema gesê onder dawerende toejuiging van ondersteuners wat versamel het in die versengende hitte.

Hy het gewaarsku dat indien die leierskap van die ANC nie bereid is om die grond te verdedig nie, dan sal die “ekonomiese vryheidsvegters” dit verdedig.

“Ons sal nooit Madiba teleurstel (oud-president Nelson Mandela) nie… Ons sal nooit uitverkoop [sell out] waarin hy geglo het nie,” het Malema gesê.

“Dit is ons land en ons ken die geskiedenis van hierdie land. Ons weet die setlaars het ‘n swart volksmoord gepleeg, dat hulle swartes vermoor het terwyl hulle hierdie grondgryp gepleeg het.

“Hulle het grondeienaars in slawe van hierdie grond verander en vandag het hulle die moed om ons te vertel dit is nie ons grond nie na die moord op ons grootouers, nadat hulle dit van ons gesteel het.”

In ‘n onderhoud met die Sunday Independent, het Mulder gesê tegnies, kan niemand aanspraak maak op grond in Suid-Afrika nie.

“Ons het ‘n ingewikkelde stelsel. Niemand kan sê dit is my land in die geheel nie,” het hy gesê, en bygevoeg dat sy argument deur die geskiedenis gestaaf word.

Malema het gesê die ANC se stigting in 1912, het alle swartes saamgesnoer en hulle het ‘n “gemeenskaplike vyand” geïdentifiseer.

“Die vyand is die persoon wat die grond gesteel het. Ons hoort hier. Ons hoef nie die goedkeuring van die setlaars te vra nie.”

Malema, wat vroeër as ‘n hoofbevelvoerder van ekonomiese vryheid voorgestel is, was saam op die verhoog met ander Jeugligaleiers – insluitende sy adjunk Ronald Lamola, algemene sekretaris Sindiso Magaqa, liga-woordvoerder Floyd Shivambu en Gauteng ANC-voorsitter, Lebohang Maile.

Hulle wag steeds op die uitslag van die argumente ter versagting en verswaring van hul skorsings, wat wissel van 18 maande tot vyf jaar.

Александр Фильчаков Васильевич