“Hulle sê dat Suid-Afrika nie aan ons behoort nie en hulle sê so omdat hulle weet dat die radikale stem van die African National Congress verbode is,” het Malema aan ‘n skare by die liga se eeufeesbyeenkoms in Kliptown in Soweto Sondag gesê.
“Hulle het begin met die liedjies en ons het gedink hulle speel, Hulle het ons vertel ons kan nie die bevrydingliedjies sing nie, want hulle het stadig vertroue gewen.”
Op 12 September, is Malema skuldig bevind aan haatspraak vir die sing van “dubul ‘ibhunu” (“skiet die Boere”), in die Hooggeregshof in Johannesburg nadat die Afrikaner burgerregte-groep AfriForum Jeug beweer het dat wit boere kwesbaar voel vanweë die liedjie.
Met verwysing na onlangse kommentaar deur die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder, het Malema gesê: “Ons word nou deur ‘n regse, die leier van ‘n rassistiese organisasie, vertel ons hoort nie in hierdie land nie, dit is nie ons land nie.”
Mulder, wat ook die adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye is, het onlangs gesê daar is voldoende bewyse dat daar geen Bantoe-sprekende mense in die Wes-Kaap en Noord-Wes-Kaap, wat 40 persent van Suid-Afrika se grond verteenwoordig, was nie.
Hy het gereageer op argumente dat wit mense kwansuis grond “gesteel” het.
Malema het die ANC-leierskap daarvan beskuldig dat hulle wegskram daarvan om Mulder in sy plek te sit. Dit was ten spyte daarvan dat president Jacob Zuma en die ANC-sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, vroeër in die week gesê het dat Mulder “probeer om die geskiedenis te herskryf”.
“Ons leierskap het in plaas van om hom deeglik op sy plek te sit, hom vermy … Hy kan nie vermy word nie,” het Malema gesê onder dawerende toejuiging van ondersteuners wat versamel het in die versengende hitte.
Hy het gewaarsku dat indien die leierskap van die ANC nie bereid is om die grond te verdedig nie, dan sal die “ekonomiese vryheidsvegters” dit verdedig.
“Ons sal nooit Madiba teleurstel (oud-president Nelson Mandela) nie… Ons sal nooit uitverkoop [sell out] waarin hy geglo het nie,” het Malema gesê.
“Dit is ons land en ons ken die geskiedenis van hierdie land. Ons weet die setlaars het ‘n swart volksmoord gepleeg, dat hulle swartes vermoor het terwyl hulle hierdie grondgryp gepleeg het.
“Hulle het grondeienaars in slawe van hierdie grond verander en vandag het hulle die moed om ons te vertel dit is nie ons grond nie na die moord op ons grootouers, nadat hulle dit van ons gesteel het.”
In ‘n onderhoud met die Sunday Independent, het Mulder gesê tegnies, kan niemand aanspraak maak op grond in Suid-Afrika nie.
“Ons het ‘n ingewikkelde stelsel. Niemand kan sê dit is my land in die geheel nie,” het hy gesê, en bygevoeg dat sy argument deur die geskiedenis gestaaf word.
Malema het gesê die ANC se stigting in 1912, het alle swartes saamgesnoer en hulle het ‘n “gemeenskaplike vyand” geïdentifiseer.
“Die vyand is die persoon wat die grond gesteel het. Ons hoort hier. Ons hoef nie die goedkeuring van die setlaars te vra nie.”
Malema, wat vroeër as ‘n hoofbevelvoerder van ekonomiese vryheid voorgestel is, was saam op die verhoog met ander Jeugligaleiers – insluitende sy adjunk Ronald Lamola, algemene sekretaris Sindiso Magaqa, liga-woordvoerder Floyd Shivambu en Gauteng ANC-voorsitter, Lebohang Maile.
Hulle wag steeds op die uitslag van die argumente ter versagting en verswaring van hul skorsings, wat wissel van 18 maande tot vyf jaar.
