Die jongste beskuldigings van Irvin Jim, sekretaris van NUMSA, dat witmense in die pad van die ANC staan om die grondkwessie op te los, getuig presies hiervan.
Die ANC-alliansie is volledig self verantwoordelik vir die feit dat baie swartmense vandag nog in absolute armoede leef en dit na 18 jaar van ANC-regering. Hiervoor is daar verskeie redes soos onder andere:
· Rigiede arbeidswetgewing wat nie werk skep nie, maar juis laat verlore gaan;
· Totale onsekerheid oor grondbesit wat veral landelike ontwikkeling onmoontlik maak;
· ‘n Kreupel rasgetransformeerde staatsdiens wat nie in staat is om effektief regeringsplanne uit te voer nie;
· ‘n ANC-beleid van kaderontplooiing wat die meeste munisipaliteite totaal disfunksioneel gemaak het; en
· ‘n ANC-beleid van regstellende aksie wat van die heel kundigste persone in die ekonomie kunsmatig daarbuite hou.
“Witmense en ander minderhede moet kennis neem van hierdie strategie om hulle te identifiseer as die oorsaak van die ANC se onbevoegdheid en mislukkings. Alle minderhede in Suid-Afrika is net so deel van Suid-Afrika as wat die meerderheid is. Minderhede moet voortgaan om hulle rol konstruktief te speel en hulle daarop voorberei om die ANC-alliansie teen te staan. Soos wat die ANC meer en meer misluk sal die beskuldigings teen minderhede groter word,” het dr. Mulder gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.