Taalwet vra burgerlike ongehoorsaamheid sê PRAAG

Meer as tweehonderd jaar lank word die Afrikaanse taal in Suid-Afrika aangeval en gemarginaliseer, hetsy deur die Britse koloniale owerheid, hetsy deur die ANC-bewind. Gedurende die bewind van die Nasionale Party, is Engels toegelaat om sy rol as enigste openbare taal te behou en is Afrikaans aan sensuur onderwerp.

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) verwerp daarom die gedagte dat Afrikaans ooit saam met Engels geklassifiseer kan word as “‘n voorheen bevoordeelde taal”. Dr. Dan Roodt, die leier van PRAAG, het in Johannesburg gesê: “Geen taal is méér aan staatsonderdrukking en -marginalisering onderworpe as juis Afrikaans nie. Die nuwe taalwet verteenwoordig bloot die voortsetting van Britse imperialisme en kolonialisme, met die volksmoorddadige ANC-bewind wat daarop uit is om Afrikaans dood te maak, tesame met ‘n groot aantal van haar sprekers”.

Roodt het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om “te let op die kommerwekkende situasie in Suid-Afrika, met die ANC-bewind wat etniese konflik uitlok deur sy beleid van kulturele en taalkundige imperialisme, asook aanvalle op Afrikaanse skole, plekname, museums en biblioteke”.

PRAAG sal hom voeg by hofaansoeke saam met ander Afrikaanse organisasies om die onwettige en totalitêre maatreëls te beveg wat daar teen Afrikaans geneem word. Die beweging het egter gevra vir burgerlike ongehoorsaamheid teen die “soesji-vretende, korrupte, Milneristiese satrape wie se tirannieke heerskappy oor Suid-Afrika reeds ‘n misdaad teen die mensdom verteenwoordig. Afrikaners in die besonder behoort nie enige tolgeld of belasting te betaal nie, of enige bydrae te maak om dié Idi Amin-agtige narre verder te onderhou wat daarvan droom dat hulle Britse lords is wat ons donkies noem omdat ons Afrikaans praat.”

Aan die ander kant het die pro-Afrikaanse beweging die “helderheid” verwelkom wat die ANC se nuwe taalwet gebring het. “Indien die finale bewys nodig was dat die eenheidstaat van Suid-Afrika gedoem is, het ons dit nou,” sê Roodt. “Die enigste logiese uitweg is selfbeskikking vir Afrikaners, so gou as moontlik. Daar is tans ‘n herontwaking van daardie Afrikanergees wat ons so lank in die stryd teen imperialisme onderskraag het. Ons het die Britse Ryk oorkom en sal insgelyks die Nguni-empaaier in sy geldgierigheid, aakligheid en vermetelheid oorleef.”

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae