‘n Graad 11-leerling is doodgesteek buite die Vorentoe Hoërskool in Auckland Park, Johannesburg, Woensdag, het ‘n amptenaar gesê.
Gesondheidswoordvoerder, Charles Phahlane, het gesê die seun is glo aangeval en gesteek deur vyf mense na skool klaargemaak het vir die dag.
“Die oortreders is onmiddellik in hegtenis geneem deur ‘n polisieman wat sy kind by die skool gaan haal het en versterkings ingeroep het,” het hy gesê.
“Die leerder is óf op sy pad na of by aankoms by die hospitaal oorlede.”
Phahlane het gesê die departement het sy meegevoel aan die seun se familie en vriende betuig.
Dit is die tweede moord van ‘n skoolseun in die land hierdie week. Dinsdag is die 16-jaar-oue Raylin Fortuin doodgesteek by die die Beauvallon Sekondêre Skool in Valhalla Park, Kaapstad.
