Hani se graf geskend

Die graf van die afgestorwe kommunis en terrroris, Chris Hani, is gevandaliseer, het die Ekurhuleni-munisipaliteit gesê.

Volgens die munisipaliteit is R23 000 se skade veroorsaak.

“Werknemers [van die munisipaliteit] sê Hani se grafsteen is geskend…” het Mondli Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni, in ‘n verklaring gesê.

Gungubele sê dit lyk asof die grafsteen ook deur ‘n koeël getref is.

Die vandalisme is “sinneloos” en dit was ‘n “hartseer toeval” dat dit op die vooraand van Hani se doodsherdenking in April gebeur het.

Gungubele sê die polisie sal die saak ondersoek.

Die munisipaliteit het R23 000 bewillig om die grafsteen op te knap.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae