Malema-uitspraak vandag

Die ANC sal na verwagting vandag ‘n aankondiging maak oor die toekoms van die geskorste leier van die party se jeugliga.

Jackson Mthembu, ‘n woordvoerder, sê die ANC se nasionale tugkomitee sal Woensdag vergader om bevindinge oor Julius Malema te finaliseer.

“Ek kan bevestig dat daar vandag [Woensdag] ‘n vergadering sal wees. Die ANC sal ‘n verklaring uitreik…” het Mthembu gesê.

Hy sê die verklaring sal “later vandag [Woensdag]” uitgereik word.

Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee (NDAK) het onlangs Malema en vyf ander beamptes van die ANCYL se skuldigbevinding bekragtig.

Hulle is daaraan skuldig bevind dat hulle die ANC in oneer gebring en verwoesting in die party gesaai het.

Malema is vir vyf jaar geskors. Floyd Shivambu (woordvoerder vir die ANCYL), Ronald Lamola (adjunk-leier), Pule Mabe (tesourier-generaal), Sindiso Magaqa (sekretaris-generaal) en die adjunk-sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, is ook geskors vir tydperke wat tussen 18 maande en drie jaar strek.

Hul appèl teen hul vonnisse is ook van die hand gewys, maar hulle kon bewyse voorlê ter versagting van hul vonnisse.

Hul vonnisse is opgeskort hangende die uitkoms van die verhore.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae