Eskom, wat die kernkragsentrale by Koeberg bedryf, wil oor die volgende vyf jaar R350 miljard besteen en het nuwe aanbiedinge vir 'n kernkragsentrale aangevra.
Die oogmerk is om die gebruik van kernenergie te verhoog ten einde die primêre energiebronne te diversifiseer.
So 'n kernkragbeleid sal Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkoolopgewekte elektrisiteit verminder wat skadelike kweekhuisgasse veroorsaak.
Eskom steun hoofsaaklike op steenkoolkragsentrales om in 95% van die land se elektrisiteitsbehoeftes te voorsien.
Die beleid sal die bestuur van radioaktiewe afval en uraanmyne dek ten einde 'n veilige toevoer te verseker.

Suid-Afrika se kernkragbeleid is deur die kabinet goedgekeur om die ernstige elektrisiteitskrisis in die land te verlig, het 'n senior regeringswoordvoerder gister gesê.
Die Natal Mercury berig dat een van die bekendste wildreservate in Kwazulu-Natal se grensdrade tans verwyder word met 2000 mense wat in die reservaat kom bly het en stukke grond vir boerdery skoongemaak het.
Eerskomende Sondag gaan 11 140 hardlopers die moordende 87 kilometer vanaf Durban na Pietermaritzburg tydens die jaarlikse Comrades-marathon aanpak.
Die polisie in Zimbabwe het die opposisieleier Morgan Tsvangirai vrygelaat nadat hy weer gister in hegtenis geneem is terwyl hy besig was met sy verkiesingsveldtog vir die presidensiële uitklopverkiesing op 27 Junie, het sy woordvoerder bekendgemaak.