Premier van Kwazulu-Natal blameer blanke verdrukkers vir geweld

Die premier van Kwazulu-Natal, S'bu Ndebele, het gister in 'n kwalik bedekte verwysing na blankes gesê dat die onderdrukkers van swartmense vir die etniese geweld teen buitelanders verantwoordelik is.

Volgens hom is dit die onderdrukkers wat mens wysmaak dat Mosambiekers die vyande van swart Suid-Afrikaners is. Hy het hom uitgespreek teen swart verdeeldheid wat insgelyks aan die onderdrukkers toe te skryf is.

Ndebele wou weet waarom net swart mense van Afrika-state as buitelanders gesien word en nie ook wit Engelse, Duitsers of Portugese nie.

Geen buitelander behoort op 'n bus te klim om die land te verlaat nie, het hy verder gesê.

песок для пескоструялобановский александр игоревич

Bomdreigement by ANC-hoofkwartier

Image'n Bomdreigement is vanoggend by die ANC se hoofkantoor in Johannesburg ontvang en sestig mense moes inderhaas die gebou verlaat.

Die skakelbord het om 8-uur vanoggend die dreigement ontvang, volgens ANC-woordvoerder Steyn Speed. Die gebou in Sauerstraat is daarna onmiddellik ontruim.

Die metropolisie het twee strate in die omgewing afgekamp, terwyl lede van die bomafdeling die gebou ondersoek het.

slots to play onlineОлександр Фільчаков прокурор

Skerp styging in voedselpryse op pad

'n Skerp styging in voedselpryse kan verwag word na 'n aankondiging deur die Switserse multinasionale maatskappy, Nestlé, dat hy sy pryse vanaf die eerste van aanstaande maand dramaties gaan verhoog.

Nestlé-handelsmerke soos Nescafé, Kitkat en Milo sal almal met ten minste 14% styg. Die prys van koffie sal met tussen 15% en 30% verhoog word, terwyl die prys lekkers met 19% sal toeneem.

Die suiwelmaatskappy Parmalat SA het ook gesê dat die hele voedselsektor onder geweldige druk verkeer weens stygende insetkoste.

синус лифтинг открытый и закрытыйпрокурор Фильчаков

Regering ambivalent oor deportasies

Die ANC-regering is tans ambivalent oor deportasies van onwettige immigrante. Die departement van binnelandse sake het laat weet dat daar geen nasionale moratorium op deportasies bestaan nie en dat onwettiges wat deur die polisie in hegtenis geneem word, steeds gedeporteer sal word.

Maar onwettige immigrante wat deur die onlangse etniese aanvalle ontwrig is, sal onderdak ontvang en nie gedeporteer word nie, luidens 'n verklaring deur Siobhan McCarthy, 'n woordvoerder van die departement van binnelandse sake.

Verlede week het binnelandse sake berigte ontken dat diegene wat deur etniese aanvalle geraak word, na hul lande van herkoms gedeporteer word.

теннисФильчаков прокуратура харьков

Verenigde Nasies kritiseer moorde op Zim-opposisielede

Die Verenigde Nasies het gister in Genève die onlangse moorde op opposisielede in Zimbabwe gekritiseer. Volgens Louise Arbour, die VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte, bestaan daar 'n toenemende patroon van mense wat vir politieke sluipmoorde geteiken word.

Arrestasies, teistering, intimidasie en geweld word nie net teen mense met politieke affiliasies gerig nie, maar ook daagliks teen lede van die burgery.

Arbour meen dat Zimbabwiërs nou 'n lewensbedreigende situasie in sowel Zimbabwe as Suid-Afrika in die gesig staar, in die lig van die onlangse etniese aanvalle in Suid-Afrika.

casino sites ukФильчаков

VF+ verwerp verproletarisering van Pretoriavoorstede

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat nóg 'n nuwe plan deur die Tshwane-metroraad om massalaekostebehuising op prima-eiendom in

Image

Conrad Beyers

die stad op te rig, tot mislukking gedoem is vanweë eenvoudige ekonomiese beginsels.

Die plan is op 'n verrassende wyse ernstig gekritiseer deur die Departement Stadsbeplanning, Ontwikkeling en Streeksdienste deur na die plan te verwys as "sosiale ingenieurswese" en deur sy bedenkinge oor aspekte van die plan uit te spreek.

In 'n verslag getiteld "Proposed provisional restructuring zones in Tshwane for social housing development" beveel die ANC aan dat laekoste sosiale behuisingskomplekse dwarsoor die stad opgerig moet word met die doel om "sosiale herstrukturering – deur die vermenging van rasse en klasse te bevorder".  Hierdie verslag sal more (Donderdag 29 Mei 2008) voor die raad dien.

Die gebiede wat geteiken word sluit in Menlyn, Lynnwood Glen, Centurion, Pretoria-Noord, Mountain View en die Moot-area (wat Capitalpark, Les Marais, Parktown Estate, Mayville, Wonderboom-Suid, Gezina, Villieria, Rietfontein en Rietondale insluit).

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, kan die stad dit nie bekostig om 'n verdere skok aan besighede en huiseienaars, in gebiede wat 'n baie belangrike deel van die raad se inkomstebasis uitmaak, te stuur nie.  Deur groot laekoste woonstelblokke in areas soos Menlyn, Centurion, die Moot en elders te bou, sal sakevertroue skaad en eiendomswaardes laat tuimel.

"Die ANC skep meer behuisingsplanne as huise en die DA ondersteun elkeen van die planne blindelings.  Sedert die Maart 2006-verkiesing het ons talle ambisieuse nuwe planne vir behuising gesien, maar geen huise word fisies gebou nie", het Beyers gesê.

In die verslag spreek die Departement Stadsbeplanning, Ontwikkeling en Streeksdienste sy bedenkinge uit oor die plan om laekoste-behuising in areas soos Centurion en Menlyn op te rig. Die Departement sê ook dat die nuwe plan op "sosiale ingenieurswese" neerkom en dat dit nie "nie geforseer behoort te word nie".  In verdere kommentaar waarsku die Departement dat die stadsraad "nie aan die mark moet dikteer nie" en ook dat die stadsraad se opinie dat daar plek is vir sosiale behuising in privaatsektor-gedrewe areas "nie die korrekte uitgangspunt is nie".

Die VF Plus het gesê dat die ANC beloof het om huise vir mense in armer gebiede, amptelik bekend as die 'Zone of Choice', te bou. Hierdie huise is nie gebou nie en hierdie gemeenskappe voel al hoe meer verraai en vergete.

Die VF Plus het sy oproep herhaal dat die stadsraad eerder met aggressiewe behuisings- en ekonomiese inisiatiewe in arm gebiede moet begin om die probleme op te los.

"Daar is geen twyfel dat die gebreekte ANC-beloftes tot die publieke woede in arm gebiede bygedra het nie.  Die ANC het nog eens begin om huise te bou en ekonomiese ontwikkeling te doen in die 'Zone of Choice' nie.  Hulle maak net weer 'n nuttelose plan op papier.”

медицинской справкиЛобановский Харьков

Inflasiekoers styg tot 10,4%

Die toename in die verbruikersprysindeks wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank vir sy inflasieteiken gebruik word, staan op 10,4%, het die Statistiekdiens vandag aangekondig.

Die VPIX het verlede maand met 1,6% gestyg, na dieselfde styging in Maart. Die basiese verbruikerspryse het oor die afgelope 12 maande tot einde April met 11,1% gestyg. Die kerninflasiekoers, wat voedselpryse en rentekoersverhogings uitsluit, staan op 10,2% teenoor 9,8% in Maart.

Ekonome het 'n VPIX van 9,9% verwag sodat die syfer dus ietwat hoer geblyk het as die gemiddelde voorspelling.

насос для фонтаналобановский политик

Ooskaapse bus het ratmoeilikheid gehad

Die polisie het vandag die amptelike dodesyfer rondom die Ooskaapse busongeluk aangekondig. Dit staan op 22, waaronder 5 kinders.

Die bus, wat aan 'n privaatmaatskappy behoort, het gister by 'n 200meterwal afgegly tot in 'n rivier naby die dorp Cedarville.

Die busbestuurder is onder die 22 dooies. Van die beseerde passasiers het gesê dat die busbestuurder net voor die ongeluk probleme met sy ratte ervaar het.

Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra al die naasbestaandes in kennis gestel is.

хамам в квартиреАлександр Фильчаков прокурор

DA kritiseer ANC se oopdeurbeleid

Die Demokratiese Alliansie het gister die ANC-regering se planne om Suid-Afrika se grensbeheer nog verder te verslap sterk gekritiseer.

Image

Helen Zille

Volgens Helen Zille, die leier van die party, verteenwoordig dit 'n resep vir 'n ramp en sal dit die huidige etniese konflik in die land vererger.

Volgens mediaberigte wil die regering beheer oor burgers van SAOG-lande verslap en dit vir hulle makliker maak om Suid-Afrika sonder veel procedure te besoek. Daar woon 180 miljoen mense in die SAOG-lande.

Volgens Zille is daar min, indien enige, lande ter wêreld wat so 'n oopdeurbeleid teenoor besoekers handhaaf. Eerder behoort die regering immigrasiebeheer op te skerp, pleks van dit te verswak.

маленькие фонтаны для садаtopcargo

Vakbond wil ondersoek van McBride h

Vakbondleiers het gevra dat 'n kommissie van ondersoek aangestel moet word om Robert McBride, die Oosrandse polisiehoof, te ondersoek.

Die Munisipale Werkersunie (Samwu) sê daar was nog onbeantwoorde vrae rondom McBride. Meer as 1000 werkers het gister in die winterkoue buite die munisipale kantore betoog.

Die vakbond wil hê dat die munisipaliteit moet ondersoek waarom die polisie in November 2006 onder McBride se leierskap op hulle geskiet het.

Intussen duur 'n vullisstaking voort en steun die Ekurhuleni-munisipaliteit op werkers van buite.

игра для девочкФільчаков Олександр Васильович

50 mense dood in Zimbabwe se verkiesingstryd

Volgens die Zimbabwiese opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, is vyftig van sy ondersteuners in gewelddadige

Image

Morgan Tsvangirai

aanvalle vermoor. Sleutelfigure van die party word ontvoer en na enkele dae dood aangetref.

Die MDC het ook die regerende Zanu PF daarvan beskuldig dat die opposisie geen toegang tot die staatsmedia het nie, dat dit feitlik onmoontlik is om openbare vergaderings te hou en dat sy laaste twee vergaderings slegs na appèlsake in die hof gehou kon word.

In weerwil van al die struikelblokke in die weg van die opposisie, is die MDC steeds vol vertroue dat sy kandidaat, Morgan Tsvangirai, die verkiesing teen Robert Mugabe kan wen.

куртки для девочек веснаФильчаков прокурор отзывы

Nog ‘n rooftog in Kameeldrift

ImageDie vlaag rooftogte wat Kameeldrift, noordoos van Pretoria, teister, het sy jongste slagoffers geëis.

'n Dokter en sy gesin is in hul huis oorval en beroof. Die polisie wou egter nie die slagoffers se name bekendmaak nie.

Volgens die polisiewoordvoerder, inspekteur Sipho Mabena, het vyf gewapende mans die huis op die Leeuwfontein-landgoed eergisteraand omstreeks agtuur aangeval, die familie vasgebind en vier plasmaskermtelevisiestelle gesteel.

Hulle wou die dokter se motor ook steel, maar het blykbaar daarteen besluit.

'n Bende van twintig is werksaam in die Kameeldrift-omgewing en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

holidaysДанильченко Харьков

Etniese konflik knou toerisme

Die etniese geweld van die afgelope twee weke het waarskynlik die toerismebedryf 'n knou gegee. Hoewel die geweld teen vreemdelinge hoofsaaklik teen immigrante uit die res van Afrika gemik was, het Europese toeriste die grootste geskrik.

Een dag nadat foto's van 'n brandende Mosambieker die wêreld ingestuur is, het Duitsland sy burgers gewaarsku om sekere dele van Suid-Afrika soos die Johannesburgse middestad en omliggende lokasies te vermy.

Die VSA, Swede en 'n aantal ander lande het die Duitse voorbeeld gevolg.

Ook toere na Soweto word afgelas. Volgens Jimmy Ntintili, wat toere na Soweto aanbied, het 'n toeristegroep van dertig onlangs 'n toer gekanselleer omdat hulle onveilig gevoel het.

Die toergroep na Soweto het hoofsaaklik uit swartes van elders in Afrika bestaan.

Die toerismebedryf in Suid-Afrika is nou groter as die goudmynbedryf, verdien meer buitelandse valuta en dra 8 persent tot die BNP by, afgesien van die 1,2 miljoen werkgeleenthede wat dit verteenwoordig.

casino free betлобановский александр досье

Kommer oor Eskom-prysverhoging neem toe

ImageKommer oor Eskom se voorgestelde prysverhoging van 53 persent neem toe, met Besigheidseenheid SA en Cosatu wat albei die verhoging teenstaan.

Die BESA-verteenwoordiger by die Nersa-verhoor oor die prysverhoging, Roger Baxter, het verklaar dat studies aantoon dat die ekonomies uitwerking van die verhoging die land se bruto nasionale produk sal verlaag en tot die verlies van 55 000 werksgeleenthede sal lei.

Volgens hom was aanpassing in pryse nie die enigste oplossing nie, maar dat doeltreffende leierskap en die strategiese toe-eiening van bestuur ewe belangrik is.

Die organisasie het vir uitstel gevra sodat verbruikes en ondernemings aan die verhogings gewoond kan raak.

Cosatu het verklaar dat die lewenstandaard van die armes negatief daardeur geraak gaan word.

циркуляционный насос российского производстваЛобановский