Die skakelbord het om 8-uur vanoggend die dreigement ontvang, volgens ANC-woordvoerder Steyn Speed. Die gebou in Sauerstraat is daarna onmiddellik ontruim.
Die metropolisie het twee strate in die omgewing afgekamp, terwyl lede van die bomafdeling die gebou ondersoek het.
