Anglikane skerm vir skeuring in Zim

Rowan Williams, die geestelike leier van die wêreld se Anglikane, het in die City Sports Centre van Harare, Zimabawe, duisende mense in die stadion toegespreek.

Williams is in Suidelike Afrika om skadebeheer toe te pas. Zimbabwe is die mees omstrede stop op Williams se drie-nasie-Afrikatoer, waar die nasionale politieke probleme die Anglikaanse Kerk verswelg.

Aartsbiskop Albert Chama, saam met die biskoppe van die naburige Botswana en Suid-Afrika was saam om solidariteit met die wit leier te toon.

Die geskorste biskop Nolbert Kunonga, ‘n vurige ondersteuner van president Robert Mugabe, het beslag gelê op al die kerk se eiendom in Harare en 3800 eiendomme in Zimbabwe en naburige lande vir homself gevat.

Sy ondersteuners het al die Anglikane wat nie wou saamgaan met sy plan nie uit kerke, skole, klinieke en weeshuise van die kerk verjaag.

Kunonga het geweier om Williams te sien en aan Al-Jazeera gesê: “Hy is irrelevant. Hy is verantwoordelik vir die verdeling van die Anglikaanse gemeente die wêreld oor en ons voel die rimpels en die impak van daardie ding wat hy geskep het.”

Vir weke het Williams gepoog om ‘n vergadering met Mugabe,’ n Rooms-Katoliek, te reël om die verdeling te bespreek. Hy het nog geen duidelike antwoord teen Sondag ontvang nie.

Mugabe se woordvoerder George Charamba het aan die staatsbeheerde Sunday Mail koerant gesê as die twee mans ontmoet, sal die 87-jarige president Williams uitdaag oor gays en sanksies.

“In beginsel, sal hy wil weet hoekom die Kerk van die Britse regering, die Anglikaanse Kerk, stilgebly het, terwyl die mense van Zimbabwe, en hierdie mense sluit Anglikane in, ly as gevolg van die onwettige sanksies,” het Charamba gesê.

“Die tweede probleem wat die president wil hê dat hierdie man van God moet verduidelik, is hoekom sy Anglikaanse Kerk dink homoseksualiteit is goed vir ons en waarom moet dit vir ons voorgeskryf word.

“Hy dink die aartsbiskop sal beleefd genoeg wees om vir hom te wys waar is die gedeeltes van die Groot Boek (wat) homoseksualiteit en sanksies goedkeur.”

Mugabe en lede van sy binnekring, insluitend Kunonga, is onder ‘n reisverbod en hulle bates is bevries deur Brittanje en ander Westerse lande as gevolg van ‘n dekade van geweld en gebrekkige verkiesings.

Mugabe is bekend vir sy anti-gay houding en het gays en lesbiërs beskryf as “erger as varke en honde”.

Williams het gesukkel om eenheid in die Anglikaanse gemeenskap in stand te hou te midde van verskille oor vroulike biskoppe in Brittanje, en openlike gay biskoppe in die Verenigde State.

Die Kerk van Engeland het in Julie gesê sy benadering sal hersien word omdat die kwessie gedreig om die kerk te skeur – veral in Afrika waar die baie leiers meer konserwatief as hul Europese eweknieë is.

 

Фильчаков прокурор отзывы

DA red ANC se bas oor tolpaaie

Die DA se Lindiwe Maseko het ‘n debat oor die tolpaaie wat hierdie week sou plaasvind, afgestel want die ANC is verdeeld oor die kwessie.

Die DA se koukus-leier, Jack Bloom het Sondag in ‘n verklaring gesê: “Die ANC-Jeugliga in Gauteng sal die tol teenstaan ​​asook alliansievennote soos die SAKP en Cosatu.” 

Woordvoerder vir die African National Congress se Gautengse koukus, Gugu Ndima, het gesê die rede vir die kansellasie is glo om die publiek ‘n kans te gee om kommentaar te lewer oor die tolgeld van Gauteng se hoofweë.

Die vergadering was geskeduleer vir 11 Oktober, waar die Demokratiese Alliansie van plan was om teen die tolpaaie beswaar te maak.

Ndima het gesê die versoekskrif om te kanselleer was deur die DA self voorgestel en ingedien.

 

лобановский александр дети

‘Selfs die slegte dae is goed’

Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het bedank nadat sy span verloor het in die Rugby Wêreldbeker-kwarteindstryd teen die Wallabies.

De Villiers, wie se kontrak aan die einde van Desember verstryk, is gevra of die nederlaag die einde van sy termyn beteken.

“Ek dink so,” het hy gesê. “Dit was ‘n briljante reis, iets wat nie een van julle ouens van my af weg kan neem nie.”

Hy het gesê dit was ‘n voorreg om ‘n bydrae tot die land te maak. “Ek hoop dit was ‘n positiewe een, sodat Suid-Afrikaanse rugby sal vorentoe te gaan en dat ons baie beter volgende jaar sal beleef.”

Vrae oor sy opvolger sal toeneem in die komende weke. Onder die kandidate kan die voormalige Bulls-afrigter, Heyneke Meyer, die Stormers en die Westelike Provinsie se afrigter, Allister Coetzee en die huidige Bok-span adviseur Rassie Erasmus wees.

Gevra hoe hy wil onthou word, het De Villiers gesê: “Ek wou die beste ek wees.”

Die Springbokke se 11-9 nederlaag teen Australië het gister Suid-Afrika se swakste vertoning by ‘n Wêreldbeker-toernooi geëwenaar. By die 2003-byeenkoms, hulle het ook in die kwarteindronde uitgeval.

Wallaby-afrigter, Robbie Deans, het gister vir De Villiers “‘n kwaliteit mens” genoem.

“Ek het my interaksie met hom geniet. Dit was ‘n plesier,” sê Deans.

Bok-kaptein Smit het ook hulde gebring aan De Villiers: “Ons het ‘n groot vier jaar van baanbrekerswerk gedoen met Peter. Hy’s nie die gewone soort van afrigter waaraan ons aan gewoond is nie, maar hy is een wat ons terdeë geniet het.

“Sy gunsteling-sêding is dat selfs die slegte dae goed is.”

прокурор Фильчаков

Bruin verkragter vas

Die polisie sê hulle kan dalk meer as 100 kriminele aanklagte teen ‘n reeksverkragter en moordenaar ondersoek.

Die Nasionale Polisiekommisaris, Bheki Cele, sê hy is in sy skik dat die lang arm van die gereg uiteindelik die vermeende bruin Facebook-verkragter, Thomas Bester, ingehaal het nadat die Valke ingegryp het.

Die verdagte is agter tralies nadat hy die naweek in hegtenis geneem is in verband met ‘n saak van ontvoering op Alberton aan die Oos-Rand.

Daar word beweer dat Bester met verskeie ander misdade verbind word. Hy het na bewering die sosiale webwerf, Facebook, gebruik om jong vroue te lok om hom te ontmoet.

Bester staan tereg op verskeie aanklagte insluitende minstens een van moord, verskeie van verkragting, ontvoering en diefstal. Minstens 20 aanklagte is in Durban en die omliggende gebiede teen hom gelê. Cele het vroue gemaan om meer op hulle hoede te wees.

Die verdagte, wat 13 verskillende name het, was bedrywig in drie provinsies en was weke lank deur die polisie gesoek.

In KwaZulu-Natal word die verdagte, wat die name George of Thomas Bester gebruik, met 20 aanklagte verbind.

Speurders in Kaapstad meen die man kan met minstens drie moorde verbind word.

Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê hulle verwag dat meer mense nou na vore sal kom.

Die man se modus operandi was om modelagenskappe te kontak.

Hy versoek die dienste van modelle wat hy dan na ander provinsies lok. Die man beroof, verkrag en in sommige gevalle, vermoor sy slagoffers.

лобановский александр интервью

Gaan jy getel word?

Die Minister van Nasionale Beplanning, Trevor Manuel sê die sensus-opname, wat drie weke sal duur, is noodsaaklik sodat beplan kan word vir die verspreiding van dienste en ontwikkeling in die land.

Manuel het die ligte op Tafelberg aangeskakel om die amptelike begin van die opname aan te dui. Manuel sê die regering hoop om beter insae te kry oor die ekonomiese status van indiwiduele huishoudings en hul behoeftes.

President Jacob Zuma het ook sy stem gevoeg by versoeke dat Suid-Afrikaners en buitelanders met Statistiek Suid-Afrika se opnemers moet saamwerk terwyl Sensus 2011 aan die gang kom.

Hy sê die sensus is van die uiterste belang omdat dit die regering in staat sal stel om te beplan hoe hy Suid-Afrika se hulpbronne doeltreffend moet aanwend. Statistiek Suid-Afrika het toegegee dat veiligheid ‘n groot kopseer is.

Die publiek is gewaarsku om op hulle hoede te wees wanneer hulle hul besonderhede aan opnemers verskaf. Statistiek SA hoop om almal in die land te tel, insluitende diegene wat in transito is.

Die Statistikus-Generaal, Pali Lehohla, het opnuut daarop gewys dat opnemers geen rede het om bankrekeningbesonderhede of identiteitsnommers te vra nie.

Al die opnemers sal ook duidelik uitgeken kan word en die nodige dokumente in hul besit hê.

Лобановский

Staatsamptenare woedend oor ‘militarisering’ mbv Kuba

Die Vereniging van Staatsamptenare gaan die departement van binnelandse sake dagvaar as gevolg van wat hulle beskou as ‘n poging om die departement te militariseer deur die werwing van lede van die weermag.

Volgens hofstukke is die departement besig om ‘n ​​”sekuriteitsdepartement” te word, geskoei op ‘n samewerkingsooreenkoms wat met die Kubaanse regering onderteken is.

Die Arbeidshof in Johannesburg het Donderdag vertoë aangehoor nadat die Vereniging ‘n interdik teen die departement se werwing van lede van die weermag gebring het.

In sy beëdigde verklaring, het die Vereniging sy “ontsteltenis en absolute skok” uitgespreek dat die werwing van die Departement van Verdediging “agter ons rug” geskied.

Die minister van binnelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma het die openbare diensregulasies oortree deur nie vakante poste te adverteer nie, sê die Vereniging en meen die skuif sal “onherstelbare skade” veroorsaak.

In sy beëdigde verklaring, sê die direkteur-generaal van binnelandse sake Mkuseli Apleni, die groot aantal buitelanders “oorlaai” die stelsel en “buitelandse lesse” het geleer dat die departement ‘n “samehangende en doeltreffende grensbeheerstrategie” moet toepas waarvoor “militêre kundigheid” benodig word.

Hy het toegegee dat Suid-Afrika se grensbeheer ‘n “bietjie laks” is.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Bono sê Tutu ‘trap in Christus se spore’

Die Britte het die groot kannone gelaai vir Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag. Nie net is die Aartsbiskop van Kantelberg op pad na Suid-Afrika nie, maar glanspersoonlikhede in die Britse stal het op Kaapstad toegesak.

Die Ierse musikant Bono het van die kansel van die St George’s Katedraal in Donderdag vir Tutu gesing.

Bono het gesê Tutu is “die enigste rockstar in die vertrek” voordat hy met die liedjie, “Still Haven’t Found What I’m Looking For” losgetrek het.

“Daar is slegs een rockster in die vertrek en hy sit voor my,” het Bono die toehoorders vertel. Hy het gepraat by die bekendstelling van ‘n boek oor Tutu se lewe.

“Op 80 is jy op ‘n punkrockvlak hoër as wat ek is Jy is ook meer gevaarlik as ‘n rockster, want Arch … jy is radikaal soos die Christus [in] wie se voetspore jy trap.”

Bono het geskerts dat hy net in die land is, want hy is “nie radikaal genoeg om nie ‘n visum te kry nie”.

Vroeër hierdie week het, het Tutu histeries teen die regering uitgevaar vir die manier waarop die visumaansoek van Tibetaanse geestelike leier, die Dalai Lama, gesloer het. Hy wou gehad het dat dié sy verjaardagviering bywoon.

Фильчаков прокурор харькова

Afrika lanseer ruimteprogram in SA

Die kos op die tafel kan uiteindelik afhang van ons kennis van die ruimte. So sê Dr. Seidu Mohammed, direkteur-generaal van Nigerië se Nasionale Ontwikkelingsagentskap vir Ruimtenavorsing.

Hy sê ontwikkelende lande sal in tegnologie moet belê omdat voedselsekuriteit daarop staatmaak.

Afrika is ver agter wat tegnologiese vooruitgang betref nadat verskeie sulke programme wat onder die vorige bedeling onderneem is, deur die ANC afgeskaf is.

Lede van Suid-Afrika en Afrika se ruimtebedryf het Donderdag tydens ‘n mediakonferensie gesê: “Afrika gaan sy eie satelliete wat aan sy eie behoeftes voldoen, bou.” 

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (Sansa), dr. Sandile Malinga, sê vier satelliete gaan gelanseer word as die projek waaraan Suid-Afrika, Algerië, Nigerië en Kenia saamwerk, realiseer.

Dit kan binne drie jaar ‘n werklikheid sal wees, sê hy. Daar mag later nog lande aansluit by die projek.

“Met ‘n konstellasie [van satelliete] kan jy daagliks tot ‘n duisend beelde kry. Omdat ál vier saamwerk, kan jy veel gouer die hele vasteland afneem. Dit neem ons nou nege maande om die hele Suid-Afrika af te neem.”

Boere kan sodoende belangwekkende seisoenale veranderings volg omdat oeste deur die hele seisoen uit die ruimte gefotografeer kan word.

Rampe kan insgelyks op dieselfde wyse waargeneem word.

Malinga het gesê Suid-Afrika het ‘n bestaande lanseerterrein by Waenhuiskrans en sal dus in staat wees om ‘n eie vuurpylprogram te ontwikkel. So’n projek sal egter langer as tien jaar neem. 

 

 

Фильчаков Александр Васильевич

Metropolisie met vals nommerplate vas

Drie beamptes van die Tshwane-metropolisie is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n motor met vervalste nommerplate gery het, het die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) gesê.

Die drie metropolisiebeamptes – wat in volle uniform geklee was – het in ‘n privaatvoertuig gery toe hulle afgetrek is gedurende ‘n operasie op ‘n hoofpad buite Pretoria, het Ashref Ismail, woordvoerder, gesê.

Die nommerplate is geskandeer met ‘n nommerplaat-herkenningstelsel. Die stelsel het aangedui dat die nommerplate vals is.

Toe hulle gevra is om die situasie te verduidelik, het die beamptes volgens Ismail gesê hulle is besig met klandestiene werk. Navraag is gedoen en dié was bewering onwaar.

Hulle is na ‘n nabygeleë polisiekantoor geneem, waar hulle in aanhouding is.

Ismail het gesê hy kan nie die ligging waar die beamptes afgetrek is bekend maak nie, aangesien die operasie – bekend as operasie Nomakanjani, of “maak nie saak wat nie” – steeds voortduur.

topcargo отзыв

Zuma wil Khoi en San herstel

Suid-Afrika moet die status van die Khoi- en San-mense ten volle erken, het president Jacob Zuma Woensdag gesê.

“As ‘n demokratiese regering, ons kan nie versuim om hul uitdagings aan te spreek nie,” het hy gesê in ‘n voorbereide toespraak aan die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers in Pretoria.

Hy het gesê uit die tyd van kolonisering, met die besetting van Europese regerings, het hulle probeer om die samelewing te oorheers. Een van die resultate, wat nie in geskiedenisboeke gedokumenteer is nie, was die uitwissing van die Khoisan.

“Gedurende die loop van kolonisering is hulle ondermyn en hul karakter en waardigheid byna vernietig.”

Zuma het gesê ‘n omvattende nasionale Tradisionele Sake Wet is opgestel om alle aspekte van tradisionele leierskap, insluitende die sake van die Khoisan te dek.

“Ek… hoop dat die wetsontwerp fundamenteel sal aandag gee aan die lang historiese uitdaging vir die Khoisan.”

Zuma het gesê die wetsontwerp is ‘n duidelike aanduiding van hoe die regering tradisionele leierskap ernstig bejeën. Sodra belanghebbende partye hulle insette gegee het en die wetsontwerp deur die Parlement aangeneem is, sal die wet deur die President onderteken word.

“Ons het ‘n entjie aanbeweeg en is vasbeslote om baie verder te gaan in die herstel van die status van tradisionele leiers wat deur werklik baie van ons mense eerbiedig word,” het Zuma gesê.

Олександр Васильович Фільчаков