Die Britte het die groot kannone gelaai vir Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag. Nie net is die Aartsbiskop van Kantelberg op pad na Suid-Afrika nie, maar glanspersoonlikhede in die Britse stal het op Kaapstad toegesak.
Die Ierse musikant Bono het van die kansel van die St George’s Katedraal in Donderdag vir Tutu gesing.
Bono het gesê Tutu is “die enigste rockstar in die vertrek” voordat hy met die liedjie, “Still Haven’t Found What I’m Looking For” losgetrek het.
“Daar is slegs een rockster in die vertrek en hy sit voor my,” het Bono die toehoorders vertel. Hy het gepraat by die bekendstelling van ‘n boek oor Tutu se lewe.
“Op 80 is jy op ‘n punkrockvlak hoër as wat ek is Jy is ook meer gevaarlik as ‘n rockster, want Arch … jy is radikaal soos die Christus [in] wie se voetspore jy trap.”
Bono het geskerts dat hy net in die land is, want hy is “nie radikaal genoeg om nie ‘n visum te kry nie”.
Vroeër hierdie week het, het Tutu histeries teen die regering uitgevaar vir die manier waarop die visumaansoek van Tibetaanse geestelike leier, die Dalai Lama, gesloer het. Hy wou gehad het dat dié sy verjaardagviering bywoon.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.