Volgens hofstukke is die departement besig om ‘n ”sekuriteitsdepartement” te word, geskoei op ‘n samewerkingsooreenkoms wat met die Kubaanse regering onderteken is.
Die Arbeidshof in Johannesburg het Donderdag vertoë aangehoor nadat die Vereniging ‘n interdik teen die departement se werwing van lede van die weermag gebring het.
In sy beëdigde verklaring, het die Vereniging sy “ontsteltenis en absolute skok” uitgespreek dat die werwing van die Departement van Verdediging “agter ons rug” geskied.
Die minister van binnelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma het die openbare diensregulasies oortree deur nie vakante poste te adverteer nie, sê die Vereniging en meen die skuif sal “onherstelbare skade” veroorsaak.
In sy beëdigde verklaring, sê die direkteur-generaal van binnelandse sake Mkuseli Apleni, die groot aantal buitelanders “oorlaai” die stelsel en “buitelandse lesse” het geleer dat die departement ‘n “samehangende en doeltreffende grensbeheerstrategie” moet toepas waarvoor “militêre kundigheid” benodig word.
Hy het toegegee dat Suid-Afrika se grensbeheer ‘n “bietjie laks” is.
