Gaan jy getel word?

Die Minister van Nasionale Beplanning, Trevor Manuel sê die sensus-opname, wat drie weke sal duur, is noodsaaklik sodat beplan kan word vir die verspreiding van dienste en ontwikkeling in die land.

Manuel het die ligte op Tafelberg aangeskakel om die amptelike begin van die opname aan te dui. Manuel sê die regering hoop om beter insae te kry oor die ekonomiese status van indiwiduele huishoudings en hul behoeftes.

President Jacob Zuma het ook sy stem gevoeg by versoeke dat Suid-Afrikaners en buitelanders met Statistiek Suid-Afrika se opnemers moet saamwerk terwyl Sensus 2011 aan die gang kom.

Hy sê die sensus is van die uiterste belang omdat dit die regering in staat sal stel om te beplan hoe hy Suid-Afrika se hulpbronne doeltreffend moet aanwend. Statistiek Suid-Afrika het toegegee dat veiligheid ‘n groot kopseer is.

Die publiek is gewaarsku om op hulle hoede te wees wanneer hulle hul besonderhede aan opnemers verskaf. Statistiek SA hoop om almal in die land te tel, insluitende diegene wat in transito is.

Die Statistikus-Generaal, Pali Lehohla, het opnuut daarop gewys dat opnemers geen rede het om bankrekeningbesonderhede of identiteitsnommers te vra nie.

Al die opnemers sal ook duidelik uitgeken kan word en die nodige dokumente in hul besit hê.

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae