Rowan Williams, die geestelike leier van die wêreld se Anglikane, het in die City Sports Centre van Harare, Zimabawe, duisende mense in die stadion toegespreek.
Williams is in Suidelike Afrika om skadebeheer toe te pas. Zimbabwe is die mees omstrede stop op Williams se drie-nasie-Afrikatoer, waar die nasionale politieke probleme die Anglikaanse Kerk verswelg.
Aartsbiskop Albert Chama, saam met die biskoppe van die naburige Botswana en Suid-Afrika was saam om solidariteit met die wit leier te toon.
Sy ondersteuners het al die Anglikane wat nie wou saamgaan met sy plan nie uit kerke, skole, klinieke en weeshuise van die kerk verjaag.
Kunonga het geweier om Williams te sien en aan Al-Jazeera gesê: “Hy is irrelevant. Hy is verantwoordelik vir die verdeling van die Anglikaanse gemeente die wêreld oor en ons voel die rimpels en die impak van daardie ding wat hy geskep het.”
Vir weke het Williams gepoog om ‘n vergadering met Mugabe,’ n Rooms-Katoliek, te reël om die verdeling te bespreek. Hy het nog geen duidelike antwoord teen Sondag ontvang nie.
Mugabe se woordvoerder George Charamba het aan die staatsbeheerde Sunday Mail koerant gesê as die twee mans ontmoet, sal die 87-jarige president Williams uitdaag oor gays en sanksies.
“In beginsel, sal hy wil weet hoekom die Kerk van die Britse regering, die Anglikaanse Kerk, stilgebly het, terwyl die mense van Zimbabwe, en hierdie mense sluit Anglikane in, ly as gevolg van die onwettige sanksies,” het Charamba gesê.
“Die tweede probleem wat die president wil hê dat hierdie man van God moet verduidelik, is hoekom sy Anglikaanse Kerk dink homoseksualiteit is goed vir ons en waarom moet dit vir ons voorgeskryf word.
“Hy dink die aartsbiskop sal beleefd genoeg wees om vir hom te wys waar is die gedeeltes van die Groot Boek (wat) homoseksualiteit en sanksies goedkeur.”
Mugabe en lede van sy binnekring, insluitend Kunonga, is onder ‘n reisverbod en hulle bates is bevries deur Brittanje en ander Westerse lande as gevolg van ‘n dekade van geweld en gebrekkige verkiesings.
Mugabe is bekend vir sy anti-gay houding en het gays en lesbiërs beskryf as “erger as varke en honde”.
Williams het gesukkel om eenheid in die Anglikaanse gemeenskap in stand te hou te midde van verskille oor vroulike biskoppe in Brittanje, en openlike gay biskoppe in die Verenigde State.
Die Kerk van Engeland het in Julie gesê sy benadering sal hersien word omdat die kwessie gedreig om die kerk te skeur – veral in Afrika waar die baie leiers meer konserwatief as hul Europese eweknieë is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.