De Villiers, wie se kontrak aan die einde van Desember verstryk, is gevra of die nederlaag die einde van sy termyn beteken.
“Ek dink so,” het hy gesê. “Dit was ‘n briljante reis, iets wat nie een van julle ouens van my af weg kan neem nie.”
Hy het gesê dit was ‘n voorreg om ‘n bydrae tot die land te maak. “Ek hoop dit was ‘n positiewe een, sodat Suid-Afrikaanse rugby sal vorentoe te gaan en dat ons baie beter volgende jaar sal beleef.”
Vrae oor sy opvolger sal toeneem in die komende weke. Onder die kandidate kan die voormalige Bulls-afrigter, Heyneke Meyer, die Stormers en die Westelike Provinsie se afrigter, Allister Coetzee en die huidige Bok-span adviseur Rassie Erasmus wees.
Gevra hoe hy wil onthou word, het De Villiers gesê: “Ek wou die beste ek wees.”
Die Springbokke se 11-9 nederlaag teen Australië het gister Suid-Afrika se swakste vertoning by ‘n Wêreldbeker-toernooi geëwenaar. By die 2003-byeenkoms, hulle het ook in die kwarteindronde uitgeval.
Wallaby-afrigter, Robbie Deans, het gister vir De Villiers “‘n kwaliteit mens” genoem.
“Ek het my interaksie met hom geniet. Dit was ‘n plesier,” sê Deans.
Bok-kaptein Smit het ook hulde gebring aan De Villiers: “Ons het ‘n groot vier jaar van baanbrekerswerk gedoen met Peter. Hy’s nie die gewone soort van afrigter waaraan ons aan gewoond is nie, maar hy is een wat ons terdeë geniet het.
“Sy gunsteling-sêding is dat selfs die slegte dae goed is.”
