Bruin verkragter vas

Die polisie sê hulle kan dalk meer as 100 kriminele aanklagte teen ‘n reeksverkragter en moordenaar ondersoek.

Die Nasionale Polisiekommisaris, Bheki Cele, sê hy is in sy skik dat die lang arm van die gereg uiteindelik die vermeende bruin Facebook-verkragter, Thomas Bester, ingehaal het nadat die Valke ingegryp het.

Die verdagte is agter tralies nadat hy die naweek in hegtenis geneem is in verband met ‘n saak van ontvoering op Alberton aan die Oos-Rand.

Daar word beweer dat Bester met verskeie ander misdade verbind word. Hy het na bewering die sosiale webwerf, Facebook, gebruik om jong vroue te lok om hom te ontmoet.

Bester staan tereg op verskeie aanklagte insluitende minstens een van moord, verskeie van verkragting, ontvoering en diefstal. Minstens 20 aanklagte is in Durban en die omliggende gebiede teen hom gelê. Cele het vroue gemaan om meer op hulle hoede te wees.

Die verdagte, wat 13 verskillende name het, was bedrywig in drie provinsies en was weke lank deur die polisie gesoek.

In KwaZulu-Natal word die verdagte, wat die name George of Thomas Bester gebruik, met 20 aanklagte verbind.

Speurders in Kaapstad meen die man kan met minstens drie moorde verbind word.

Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê hulle verwag dat meer mense nou na vore sal kom.

Die man se modus operandi was om modelagenskappe te kontak.

Hy versoek die dienste van modelle wat hy dan na ander provinsies lok. Die man beroof, verkrag en in sommige gevalle, vermoor sy slagoffers.

лобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae