Metropolisie met vals nommerplate vas

Drie beamptes van die Tshwane-metropolisie is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n motor met vervalste nommerplate gery het, het die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) gesê.

Die drie metropolisiebeamptes – wat in volle uniform geklee was – het in ‘n privaatvoertuig gery toe hulle afgetrek is gedurende ‘n operasie op ‘n hoofpad buite Pretoria, het Ashref Ismail, woordvoerder, gesê.

Die nommerplate is geskandeer met ‘n nommerplaat-herkenningstelsel. Die stelsel het aangedui dat die nommerplate vals is.

Toe hulle gevra is om die situasie te verduidelik, het die beamptes volgens Ismail gesê hulle is besig met klandestiene werk. Navraag is gedoen en dié was bewering onwaar.

Hulle is na ‘n nabygeleë polisiekantoor geneem, waar hulle in aanhouding is.

Ismail het gesê hy kan nie die ligging waar die beamptes afgetrek is bekend maak nie, aangesien die operasie – bekend as operasie Nomakanjani, of “maak nie saak wat nie” – steeds voortduur.

topcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae