Malema nie by verhooruitspraak nie

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, sal afwesig wees wanneer die uitspraak in sy dissiplinêre verhoor Donderdag gelewer word, het die liga gesê.

Volgens die liga sal hy in daardie stadium eksamens in Polokwane aflê.

Malema se medebeskuldigdes, Floyd Shivambu (woordvoerder), Ronald Lamola (adjunkpresident), Pule Mabe (tesourier-generaal), Sindiso Magaqa (sekretaris-generaal) en Kenetswe Mosenogi (adjunk-sekretaris-generaal) sal wel die vergadering met die dissiplinêre komitee bywoon.

“Die ANCYL plaas dit op die rekord dat ons onsself onderhewe aan die dissipline en die leiding van die ANC plaas,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

“Die leierskap van die ANCYL sal slegs in die openbaar oor die dissiplinêre verrigtinge en uitkomste praat nadat elke klein detail… afgehandel is.”

Die groep sal die uitslag aanhoor by die ANC se Luthulihuis in Johannesburg.

Slotbetoë in die verhoor, wat aan die einde van Augustus begin het, het laat Sondagaand gesluit.

Malema se eerste verskyning voor die dissiplinêre komitee het by Luthulihuis plaasgevind. Dit is egter geskuif nadat geweld by die gebou uitgebreek het. Lede van die Jeugliga het klippe en bakstene na polisie- en medialede gegooi en t-hemde met die gesig van President Jacob Zuma op verbrand.

Die ANC het Malema daarvan aangekla dat hy die party se naam in oneer gebring en verdeeldheid binne die party gesaai het.

Данильченко Юрий отзывы

DA mislei publiek oor korrupsie

“Die DA mislei die publiek met sy ongeërgde reaksie op die bevinding van die Openbare Beskermer oor wanadministrasie, wangedrag en onreëlmatighede in die DA beheerde Midvaal munisipaliteit in Gauteng.” So sê mnr Jaco Mulder VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng.

Die feit dat mnr James Selfe, DA LP en Timothy Nast uitvoerende burgemeester van Midvaal in sy reaksie sê dat die Openbare Beskermer geen korrupsie of bedrog kon vind nie is misleidend. Die mandaat van die Openbare Beskermer deel nie daarmee nie, maar die Spesiale Ondersoekeenheid van die polisie wel. ‘n Landros of Regter van ‘n geregshof kan wel so bevinding maak wat sou voortspruit uit die ondersoek van die polisie, het Mulder gesê.

Die Openbare beskermer adv Madonsela het telkens in haar bevinding verwys na die Spesiale Ondersoekeenheid van die polisie se rol in die hele ondersoek. Die verslag van die SOE wat reeds aan die media beskikbaar gestel is bewys reeds dat verskeie kriminele sake aanhangig gemaak is en dat van die verdagtes waarskynlik aangekla en selfs gearessteer sal word om in ‘n geregshof te verskyn.

Volgens mnr Corrie Peyper, VF Plus raadslid in Midvaal en klaer by die Openbare Beskermer, mislei Nast die publiek verder deur te verwys na die ongekwalifiseerde Midvaal ouditverslae van die afgelope agt jaar. Hy verswyg die feit dat daar onder meer geen inligting aan die Ouditeur-generaal verskaf is aangaande 99 werknemers van Midvaal wat direkteure is van ondernemings en dat 93 munisipale amptenare die raad ongeveer R400 000 aan dienstegeld en belasting verskuldig is. Slegs R37000 hiervan is tot dusver ingevorder deur die SOE.

Na die ingryping van die SOE is ongeveer R29 miljoen se agterstallige water- en elektrisiteit skuld reeds ingevorder tot voordeel van die belastingbetalers van Midvaal. Die verslag van die Openbare Beskermer het reeds bevind dat die aanstelling van die toe Midvaalleier van die DA as prokureur, skuld invorderaar en afslaer van die raad onbehoorlik was en dat talle ongerymdhede daaruit voort gespruit het.

Die leiers van die DA is ‘n beter verduideliking aan die kieserspubliek van Midvaal en Suid-Afrika verskuldig omdat Midvaal telkens deur die DA voorgehou word as voorbeeld van ‘n skoon en korrupsievrye administrasie.

Данильченко Харьков

OB moet bloulig-jaagduiwels uitskud

“Die Vryheidsfront Plus gaan die Openbare Beskermer (OB) versoek om ‘n volledige ondersoek te doen na alle voorvalle waar padverbruikers betrokke was in insidente met bloulig-motors van ampsdraers.
Daar is ‘n merkbare toename in die aantal voorvalle waar ampsmotors ongelukke veroorsaak of padverbruikers deur die bestuurders van die bloulig-motors geïntimideer of gedreig word. Ons wil hê dat die OB aanbevelings maak oor regulasies wat die gebruik van hierdie soort motors sal inperk,” het adv. Anton Alberts, die parlementêre woordvoerder oor vervoer vir die Vryheidsfront Plus, gesê.

“Dit is duidelik dat die elite misbruik maak van bloulig-motors deur onverskillig te ry en die lewens van ander padverbruikers in gevaar stel, soos nou weer eens die geval was waar die LUR vir plaaslike regering en behuising in Gauteng se bloulig-motor ‘n ongeluk gemaak het en daartoe gelei het dat Thomas Ferreira in ‘n ernstige toestand in die hospitaal is.

Daar moet dringend regulasies opgestel word wat die gebruik van blou ligte op ampsmotors sal inperk. Daarom vra ons dat die publiek gevalle aanmeld waar hulle deur persone met blou ligte gedreig word of in ongelukke met die motors betrokke was sodat die OB hierdie insidente in haar ondersoek kan insluit,” het adv. Alberts bygevoeg.

Die VF Plus doen ook ‘n beroep op die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, om te verseker dat ampsdraers wat met bloulig-motors ry ‘n voorbeeld stel wanneer hulle op die land se paaie ry. Padverbruikers wat weens ongelukke met bloulig-motors sterf, is deel van die 14 000 persone wat in motorongelukke op Suid-Afrika se paaie jaarliks sterf.

“Die roekelose en nalatige bestuur van bloulig-motors van senior amptenare van die regering moet eers deur die minister aangespreek word alvorens hy van gewone padverbruikers kan vra om hulle optrede te verander. Die minister moet daarop aandring dat sy kollegas ‘n beter voorbeeld stel om so by te dra tot ‘n afname in sterfgevalle op ons paaie,” meen adv. Alberts.

данильченко юрій броніславович компромат

Derby-Lewis se vrylating ondersoek

Die kantoor van adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, ondersoek die kwessie oor Clive Derby-Lewis se mediese parool, het die SABC berig.

“Ons hanteer dit as ‘n vroeë oplossing vir die saak. Die manier waarop ons dinge hier hanteer, is dat ek my ondersoek- of dispuutoplossingsmagte kan gebruik,” het Madonsela gesê.

Die 75-jarige Derby-Lewis het 18 jaar van sy 25 jaar vonnis uitgedien. Hy en Yanusz Walus is veroordeel vir die moord in 1993 op die voormalige SAKP-leier Chris Hani.

Sy aansoek om gewone parool is in 2008 sowel as 2010 geweier.

Volgens die uitsaaier, het sy prokureur gesê hy word vir prostaat- en velkanker behandel en sal weer oor twee jaar vir parool aansoek doen.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het glo nie Derby-Lewis se aansoek om mediese parool ontvang nie.

Фильчаков прокурор

Marengediamante kan SA destabiliseer

Die Zimbabwiese minister van mynwese het aangekondig dat die produksie en verkope van die diamante uit die Marangediamantvelde oor die afgelope 5 jaar meer as 11 miljoen karaat beloop het ter waarde van meer as $200 miljoen, waarvan $174 miljoen glo aan die tesourie betaal is.

Dié stelling is so ooglopend vals, dat Eddie Cross,  MDC-LP vir Bulawayo Suid, wou uitvind wat die situasie eintlik is. Na drie maande van ondersoek het hy tot die gevolgtrekking gekom dat die produksie en verkope van Marange in 2010 $4 miljard beloop het en dat die syfers wat aan die kiesers voorgehou word net 5 persent daarvan is vir 5 jaar se produksie en verkope.

Die Marangevelde is een van die grootste diamantontdekkings in die geskiedenis van die bedryf. Geoloë wat die veld intensief bestudeer het, skat dat hulle tussen 2 en 7 miljard karaat van ruwe diamante bevat. Dit het ‘n nominale waarde van tussen $200 en $1400 miljard dollar.

In enige land is hierdie bedrae so groot dat hulle van belang sou wees, en in Zimbabwe is dit eenvoudig verstommend. Indien reg aangewend kan hospitale, skole en paaie herstel word. Trouens, ‘n hele omvattende heropbouprogram kan geloods word.

Zimbabwe het intussen pas gekwalifiseer vir lidmaatskap van die Kimberlyproses, indien hulle voldoen aan standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid.

Dié gekwalifiseerde goedkeuring is egter voortydig aangesien die regering se rapportering oor hul diamantverkope ver te kort skiet in terme van die standaarde wat vereis word.

Daarbenewens is daar die kwessie dat die moontlike aanwending van hierdie massiewe hulpbron Zimbabwe verder kan ondermyn.

Daar is tans genoeg bewyse dat die mense wat die diamantvelde in Marange beheer gekoppel is aan vier groepe, volgens Cross. Hulle is senior figure in Zanu-PF, senior figure in die Zimbabwe-weermag en polisie en ‘n skaduagtige groep Mafiastylfigure wat op die rand van die globale diamant en onwettige handel opereer.

Die vierde skaduagtige groep waaroor niks bekend is nie, is die Chinese regeringsagentskappe wat die velde met Chinese arbeid ontgin; hierdie laaste groep is ook verbind aan die Zimbabwiese veiligheidsestablishment.

In dorpe en stede is daar oorgenoeg bewyse van groot luukse huise wat gebou word deur beamptes wat gekoppel is aan die plaaslike veiligheidsestablishment.

Baie hiervan sou Sandton se huiseienaars laat bloos. Dan is daar die uitspattige lewenstyl van daardie individue wat gekoppel is aan die myne. Die minister van mynwese in Zimbabwe spandeer baie miljoene dollars op die verkryging van ondernemings, eiendomme en voertuie die afgelope paar maande op ‘n salaris van $2000 per maand.

Die geldstroom is volgens Cross genoeg om regerings te kan destabiliseer wat verskil van die Zanu-PF-leiers, want die vloei van diamante en die inkomste wat daaruit voortspruit, word streng deur hulle beheer.

Dit is ‘n werklike bedreiging vir die hele streek asook vir ‘n oplossing vir Zimbabwe se voortgesette en eindelose krisis. Dit is selfs genoeg geld om Suid-Afrika te destabiliseer, waarsku Cross.

Bron: www.eddiecross.africanherd.com

лобановский александр дочь

Vavi: Sluipmoordbendes ondersteun tenderbedrog

Zwelinzima Vavi, Algemene Sekretaris van die Kongres van die Suid-Afrikaanse Vakverbonde, Cosatu, het by die Rooi Oktober-byeenkoms in Khayelitsha dié naweek gewaarsku dat sluipmoordbendes reeds in verskeie provinsies funksioneer om tenderbedrog te ondersteun.

Die federasie wil die “plaag van korrupsie uitroei”, van korrupte elemente wat politieke bewegings vir persoonlike gewin uitbuit, het hy gesê. Skuldiges, ongeag van hul politieke affiliasie of politieke en ekonomiese bande, moet vervolg word.

Die politiek van begunstiging, korrupsie en hebsug kan die revolusionêre beweging vernietig, het hy gemaan. Vavi sê die gevaarlike toename in faksievorming is steeds nie oor ideologie of politieke verskille nie, maar oor die toegang tot tenders.

Die ergste probleem is volgens die vakbondleier die opkoms van sluipmoordbendes in verskeie provinsies wat gekoppel is aan tenderbedrog en sluipmoorde op fluitjieblasers.

Daar is ‘n werklike gevaar dat die hele staat en samelewing opgeveil sal word aan die hoogste bod, wat Suid-Afrika in ‘n piesangrepubliek sal verander, het hy gewaarsku.

Cosatu het die oprigting van sy “Corruption Watch”, wat op Januarie 2012 van stapel gestuur word, aangekondig.

данильченко юрій Харків

Duur stralers, duur partytjies

Nie net duur stralers vir die president en sy adjunk nie, maar duur partytjies is aan die orde van die dag. Die ANC se 100ste verjaardagpartytjie gaan ten minste R100 miljoen kos.

Baleka Mbete, die ANC se nasionale voorsitter, het Dinsdag by ‘n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg gesê dit is nie goedkoop nie, maar dis glo elke sent werd.

Nagenoeg 150 000 mense sal die eeufeesvieringe in Januarie in Bloemfontein bywoon wat al die afgelope twee jaar beplan word. Oudpres. Nelson Mandela sal ook die geleentheid bywoon as hy gesond genoeg is.

Die fees sal onder meer ‘n nagwaak, toekenningsparade, tradisionele reinigingseremonie en ‘n presiden­siële gala-aand insluit wat in die Mangaung-rugbystadion gehou sal word.

Talle Afrika-leiers sal die fees bywoon, asook voormalige lede van bevrydings- en ou anti-apartheidsbewegings wêreldwyd.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

OB slaan DA hard oor korrupsie

Die DA se aanspraak op skoon bestuur is ‘n nekslag toegedien nadat die Openbare Beskermer bevind het dat een van sy leiers miljoene gemaak het van saketransaksies met sy eie stadsraad.

Midvaal, die enigste DA-munisipaliteit in Gauteng, het deurentyd gespog met sy “goeie en skoon bestuur”. Maar Advokaat Thuli Madonsela gister aangekondig dat sy raad vir jare lank wette oortree het om geld te maak uit die belastingbetaler.

In ‘n verslag getiteld “Dit kan nie reg wees: Regstelling van self-belang in Midvaal”, het Madonsela hard geslaan met bevindinge oor die munisipaliteit se finansiële sake en sy uitgerekte onderhandelinge met die DA Midvaal-leier, André Odendaal en sy prokureursfirma, Odendaal en Summerton.

Madonsela se bevindings kan lei tot kriminele aanklagte teen Odendaal.

Sy het gesê dat sekere kwessies van ‘n kriminele aard rakende die saak hanteer word deur die polisie en die Spesiale Ondersoekeenheid.

Madonsela het gevra dat die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies ondersoek instel oor onetiese en onprofessionele gedrag by die firma.

Madonsela se ondersoek het in 2008 begin na aanleiding van klagtes deur die Vryheidsfront Plus-raadslid Kobus Hoffman en Midvaalinwoner Corrie Peyper. Hulle het beweerde ongerymdhede met betrekking tot Odendaal se werk met die munisipaliteit ontdek. Dit sluit onder meer die verkoop van die eiendom van belastingbetalers wat agterstallig is, in.

Madonsela het bevind dat Odendaal reëls van Munisipale Finansiële Bestuur, die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, die Grondwet en die Oorgangswet op Plaaslike Regering oortree het.

Midvaal se DA-burgemeester, Timothy Nast, het gesê die munisipaliteit is verbind tot die herstel van enige foute wat gemaak word.

Die ANC se Gautengse woordvoerder Dumisa Ntuli het gesê dat die verslag “endemiese en geïnstitusionaliseerde wanadministrasie om die DA se afstootlike agenda te bevorder, bevestig. Dit nou is glashelder dat die DA-administrasie nie in staat is om die munisipaliteit te bestuur nie.”

Фильчаков прокуратура харьков

ANC sal Malema glo nie uitskop nie

Die ANC skors tradisioneel slegs lede wat volgens die party nie meer gerehabiliteer kan word nie, het adjunkpresident Kgalema Motlanthe Dinsdag gesê.

“Die benadering van die ANC is dat slegs dié wat nie kan verbeter nie, weggewys word,” het hy aan die parlement se Persgaleryvereniging gesê.

“Die party het die vertroue dat hy sy lede kan regstel. Binne die ANC is die filosofie dat mense altyd reggestel kan word deur hul swak punte te ondermyn en hul sterk punte te ondersteun,” het hy gesê.

“Sodra [die ANC] sy hande van jou was, word jy geskors, maar dit gebeur slegs wanneer jy en ‘n klip saam in ‘n pot gesit word om gekook te word en die klip voor jou sag kook en reg om te eet. Dan word jy geskors.”

Motlanthe het dié woorde geuiter met die dissiplinêre verhoor teen Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, wat einde se kant toe staan.

Die party se Nasionale Dissiplinêre Komitee sal na verwagting later vandeesweek of vroeg volgende week ‘n beslissing maak oor aanklagte teen Malema dat hy die ANC se grondwet oortree het.

Данильченео

Woonwaens gaan tolhekke aanvat

Die Vryheidsfront Plus gaan na aanleiding van die aankondiging deur SANRAL dat e-skyfies te koop is en dat die tolstelsel wel geloods gaan word in Februarie 2012, nou begin beplan vir publieke protes teen die stelsel.

“Die regering speel kat en muis met die publiek en dis nou tyd dat die padgebruikers in Gauteng opstaan teen immorele belastings en heffings soos toltariewe. Daarom gaan ons nou begin beplan vir publieke protes,” het adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Intussen het die Suid-Afrikaanse Woonwa en Kampeerklub Federasie (SAWKF) waarby die Suid-Afrikaanse Woonwa Assosiasie (SAWA) geaffilieer is, aangedui dat hulle die VF Plus se aksie gaan ondersteun. Dit is benewens die meer as 100 000 handtekening wat die party alreeds deur sy aanlynpetisie by www.tolhekpetisie.org.za ontvang het. Dit dui net weereens aan dat die publieke weerstand teen hierdie heffings baie groot is en die regering ‘n groot fout gaan maak met die implementering daarvan,” het Alberts bygevoeg.

Die SAWKF het 6500 lede. Die VF Plus en die SAWKF sal in begin Desember vergader om hulle plan van aksie te bespreek.

прокурор Фильчаков