Woonwaens gaan tolhekke aanvat

Die Vryheidsfront Plus gaan na aanleiding van die aankondiging deur SANRAL dat e-skyfies te koop is en dat die tolstelsel wel geloods gaan word in Februarie 2012, nou begin beplan vir publieke protes teen die stelsel.

“Die regering speel kat en muis met die publiek en dis nou tyd dat die padgebruikers in Gauteng opstaan teen immorele belastings en heffings soos toltariewe. Daarom gaan ons nou begin beplan vir publieke protes,” het adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Intussen het die Suid-Afrikaanse Woonwa en Kampeerklub Federasie (SAWKF) waarby die Suid-Afrikaanse Woonwa Assosiasie (SAWA) geaffilieer is, aangedui dat hulle die VF Plus se aksie gaan ondersteun. Dit is benewens die meer as 100 000 handtekening wat die party alreeds deur sy aanlynpetisie by www.tolhekpetisie.org.za ontvang het. Dit dui net weereens aan dat die publieke weerstand teen hierdie heffings baie groot is en die regering ‘n groot fout gaan maak met die implementering daarvan,” het Alberts bygevoeg.

Die SAWKF het 6500 lede. Die VF Plus en die SAWKF sal in begin Desember vergader om hulle plan van aksie te bespreek.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae