praag.co.za

DA mislei publiek oor korrupsie

Written by

in

“Die DA mislei die publiek met sy ongeërgde reaksie op die bevinding van die Openbare Beskermer oor wanadministrasie, wangedrag en onreëlmatighede in die DA beheerde Midvaal munisipaliteit in Gauteng.” So sê mnr Jaco Mulder VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng.

Die feit dat mnr James Selfe, DA LP en Timothy Nast uitvoerende burgemeester van Midvaal in sy reaksie sê dat die Openbare Beskermer geen korrupsie of bedrog kon vind nie is misleidend. Die mandaat van die Openbare Beskermer deel nie daarmee nie, maar die Spesiale Ondersoekeenheid van die polisie wel. ‘n Landros of Regter van ‘n geregshof kan wel so bevinding maak wat sou voortspruit uit die ondersoek van die polisie, het Mulder gesê.

Die Openbare beskermer adv Madonsela het telkens in haar bevinding verwys na die Spesiale Ondersoekeenheid van die polisie se rol in die hele ondersoek. Die verslag van die SOE wat reeds aan die media beskikbaar gestel is bewys reeds dat verskeie kriminele sake aanhangig gemaak is en dat van die verdagtes waarskynlik aangekla en selfs gearessteer sal word om in ‘n geregshof te verskyn.

Volgens mnr Corrie Peyper, VF Plus raadslid in Midvaal en klaer by die Openbare Beskermer, mislei Nast die publiek verder deur te verwys na die ongekwalifiseerde Midvaal ouditverslae van die afgelope agt jaar. Hy verswyg die feit dat daar onder meer geen inligting aan die Ouditeur-generaal verskaf is aangaande 99 werknemers van Midvaal wat direkteure is van ondernemings en dat 93 munisipale amptenare die raad ongeveer R400 000 aan dienstegeld en belasting verskuldig is. Slegs R37000 hiervan is tot dusver ingevorder deur die SOE.

Na die ingryping van die SOE is ongeveer R29 miljoen se agterstallige water- en elektrisiteit skuld reeds ingevorder tot voordeel van die belastingbetalers van Midvaal. Die verslag van die Openbare Beskermer het reeds bevind dat die aanstelling van die toe Midvaalleier van die DA as prokureur, skuld invorderaar en afslaer van die raad onbehoorlik was en dat talle ongerymdhede daaruit voort gespruit het.

Die leiers van die DA is ‘n beter verduideliking aan die kieserspubliek van Midvaal en Suid-Afrika verskuldig omdat Midvaal telkens deur die DA voorgehou word as voorbeeld van ‘n skoon en korrupsievrye administrasie.

Данильченко Харьков

Comments

Leave a Reply