praag.co.za

Malema nie by verhooruitspraak nie

Written by

in

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, sal afwesig wees wanneer die uitspraak in sy dissiplinêre verhoor Donderdag gelewer word, het die liga gesê.

Volgens die liga sal hy in daardie stadium eksamens in Polokwane aflê.

Malema se medebeskuldigdes, Floyd Shivambu (woordvoerder), Ronald Lamola (adjunkpresident), Pule Mabe (tesourier-generaal), Sindiso Magaqa (sekretaris-generaal) en Kenetswe Mosenogi (adjunk-sekretaris-generaal) sal wel die vergadering met die dissiplinêre komitee bywoon.

“Die ANCYL plaas dit op die rekord dat ons onsself onderhewe aan die dissipline en die leiding van die ANC plaas,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

“Die leierskap van die ANCYL sal slegs in die openbaar oor die dissiplinêre verrigtinge en uitkomste praat nadat elke klein detail… afgehandel is.”

Die groep sal die uitslag aanhoor by die ANC se Luthulihuis in Johannesburg.

Slotbetoë in die verhoor, wat aan die einde van Augustus begin het, het laat Sondagaand gesluit.

Malema se eerste verskyning voor die dissiplinêre komitee het by Luthulihuis plaasgevind. Dit is egter geskuif nadat geweld by die gebou uitgebreek het. Lede van die Jeugliga het klippe en bakstene na polisie- en medialede gegooi en t-hemde met die gesig van President Jacob Zuma op verbrand.

Die ANC het Malema daarvan aangekla dat hy die party se naam in oneer gebring en verdeeldheid binne die party gesaai het.

Данильченко Юрий отзывы

Comments

Leave a Reply