Midvaal, die enigste DA-munisipaliteit in Gauteng, het deurentyd gespog met sy “goeie en skoon bestuur”. Maar Advokaat Thuli Madonsela gister aangekondig dat sy raad vir jare lank wette oortree het om geld te maak uit die belastingbetaler.
In ‘n verslag getiteld “Dit kan nie reg wees: Regstelling van self-belang in Midvaal”, het Madonsela hard geslaan met bevindinge oor die munisipaliteit se finansiële sake en sy uitgerekte onderhandelinge met die DA Midvaal-leier, André Odendaal en sy prokureursfirma, Odendaal en Summerton.
Madonsela se bevindings kan lei tot kriminele aanklagte teen Odendaal.
Sy het gesê dat sekere kwessies van ‘n kriminele aard rakende die saak hanteer word deur die polisie en die Spesiale Ondersoekeenheid.
Madonsela het gevra dat die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies ondersoek instel oor onetiese en onprofessionele gedrag by die firma.
Madonsela se ondersoek het in 2008 begin na aanleiding van klagtes deur die Vryheidsfront Plus-raadslid Kobus Hoffman en Midvaalinwoner Corrie Peyper. Hulle het beweerde ongerymdhede met betrekking tot Odendaal se werk met die munisipaliteit ontdek. Dit sluit onder meer die verkoop van die eiendom van belastingbetalers wat agterstallig is, in.
Madonsela het bevind dat Odendaal reëls van Munisipale Finansiële Bestuur, die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, die Grondwet en die Oorgangswet op Plaaslike Regering oortree het.
Midvaal se DA-burgemeester, Timothy Nast, het gesê die munisipaliteit is verbind tot die herstel van enige foute wat gemaak word.
Die ANC se Gautengse woordvoerder Dumisa Ntuli het gesê dat die verslag “endemiese en geïnstitusionaliseerde wanadministrasie om die DA se afstootlike agenda te bevorder, bevestig. Dit nou is glashelder dat die DA-administrasie nie in staat is om die munisipaliteit te bestuur nie.”
