Derby-Lewis se vrylating ondersoek

Die kantoor van adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, ondersoek die kwessie oor Clive Derby-Lewis se mediese parool, het die SABC berig.

“Ons hanteer dit as ‘n vroeë oplossing vir die saak. Die manier waarop ons dinge hier hanteer, is dat ek my ondersoek- of dispuutoplossingsmagte kan gebruik,” het Madonsela gesê.

Die 75-jarige Derby-Lewis het 18 jaar van sy 25 jaar vonnis uitgedien. Hy en Yanusz Walus is veroordeel vir die moord in 1993 op die voormalige SAKP-leier Chris Hani.

Sy aansoek om gewone parool is in 2008 sowel as 2010 geweier.

Volgens die uitsaaier, het sy prokureur gesê hy word vir prostaat- en velkanker behandel en sal weer oor twee jaar vir parool aansoek doen.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het glo nie Derby-Lewis se aansoek om mediese parool ontvang nie.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae