Wes-Kaapse welsynshoof se tik-saak uitgestel

Die dwelmsaak teen David McNamara, ‘n senior Wes-Kaapse regeringsbeampte, is Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof uitgestel. McNamara is ‘n senior direkteur van maatskaplike welsynsdienste in die Wes-Kaap.

Hy het versuim om in April in die hof te verskyn waarna ‘n lasbrief uitgereik is. Met die uitreiking van die lasbrief het die landdros gewaarsku dat McNamara in hegtenis geneem sal word indien hy nie by sy volgende hofverskyning teenwoordig is nie.

Hy is verlede jaar op 28 Junie in die Kaapse middestad aangekeer nadat hy glo in die besit van ‘n gebreekte bottelnek, wat as ‘n pyp gebruik word om rook van brandende tik in te asem, gevind is en sewe plastieksakke met tik daarin.

David McNamara (48) moes in die hof verskyn maar is besig om van ‘n knie-operasie te herstel, het sy prokureur, William Booth, aan die hof gesê.

“Ek is deur die ortopediese chirurg ingelig dat my kliënt tot 31 Julie moet rus. Ons versoek dat sy lasbrief tot dan moet oorstaan.”

Landdros Ingrid Arntsen het die saak uitgestel en die lasbrief vir McNamara se inhegtenisneming laat oorstaan.

Данильченко Юрий прокурор

Klagtes teen departement wat skoolboeke vernietig

Die departement van basiese onderwys in Limpopo en ‘n kontrakteur is aangekla nadat handboeke in die provinsie gestort en vernietig is, het die DA Dinsdag gesê.

Die aanklagte is by die Tzaneen-polisiestasie gelê.

Een aanklag is teen die provinsiale departement van onderwys gebring vir vandalisme en die vernietiging van boeke in Seshego. ‘n Ander aanklag is teen ‘n diensverskaffer gebring wat glo handboeke in Giyani gestort het.

Lt.kol. Ronel Otto het bevestig dat die aanklagte gelê is en sê die saak sal na die polisie in Giyani verwys word.

“Daar is vertroulik aan ons gesê dat minister Angie Motshekga tot nou toe slegs gevra het dat mense wat handboeke naby ‘n rivier in Giyani gestort het in hegtenis geneem moet word, maar geen aanklagte was tot nou toe gelê nie,” het een van die belanghebbendes gesê.

Die boeke is onlangs gestort en vernietig terwyl duisende skole in die provinsie reeds vir sewe maande sonder handboeke is.

лобановский харьков

Ingryping in Limpopo saai glo boek-chaos

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag met Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, vergader om die laat aflewering van handboeke in Limpopo te bespreek, het die presidensie gesê.

“Minister Motshekga het aan die president gesê daar kon eers in Mei bestellings by die uitgewers geplaas word vir die handboeke,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

Die rede hiervoor is omdat die Limpopo-onderwysdepartement en vier ander provinsiale departemente onder nasionale administrasie geplaas is.

Dit het die saak “erg gekompliseer”, aangesien daar geen wetgewing is om die ingryping te reguleer nie.

Zuma het die presidensie en die departement van samewerkende regering gevra om dit ‘n prioriteit te maak om die afwesige wetgewing aan te spreek.

Motshekga sê sommige skole het handboeke ontvang en dit was dus nie korrek om te sê geen onderrig is in die provinsie moontlik nie.

Oor berigte dat handboeke gestort is, het Zuma vir Motshekga gesê dit is onaanvaarbaar vir diensverskaffers of amptenare om beperkte en kosbare onderwyshulpbronne soos boeke te vernietig.

Maharaj sê Zuma het die departement van basiese onderwys beveel om die aflewering van handboeke af te handel en om saam met die tesourie en provinsiale regering te werk om seker te maak handboeke word volgende jaar betyds afgelewer.

topcargo кидалы

Jeugliga neem Sabie-munisipale kantore oor

Die ANC Jeugliga het die Thaba Chweu Munisipaliteit te Sabie en Graskop in Mpumalanga gedwing om hul kantore te sluit en het munisipale werkers verhoed om met hul werk voort te gaan.

Amptenare is glo na bewering gedreig met die woorde: “I am telling you to switch off your computer and go home, this is going to get serious.”

Die munisipale bestuurder het na bewering aan die groep se eise toegegee en nie die Polisie ingeroep nie. Al die munisipale werkers is huis toe gestuur en beveel om eers Maandag, 2 Julie weer vir diens aan te meld.

Die gevolg is dat die publiek nie toegang tot enige dienste het nie en is selfs die munisipale noodnommers onbeman.

Die Jeugligalede het na bewering gesê dat hulle die bestuur van die dorp oorneem en dat hulle nie voorgeskryf sal word deur die ANC in Mpumalanga nie.

Олександр Фільчаков прокурор

FW, Zille, Kallie Kriel hou saam konferensie

In reaksie op die ANC se pas afgelope beleidskonferensie in Midrand, is die FW de Klerkstigting besig om sy eie konferensie in Johannesburg op 25 Julie te organiseer waar FW de Klerk, Helen Zille en Kallie Kriel van Afriforum as sprekers sal optree.

Volgens die omsendbrief van die FW de Klerkstigting, wat ‘n hele paar Afrikaanse spelfoute bevat, sal die konferensie die volgende oorweeg:

  • die aanbevelings van die onlangse ANC-beleidskonferensie binne die raamwerk van die nasionale demokratiese revolusie
  • die ANC se beleidsaanbevelings en die Grondwet
  • die implikasies van die voorgestelde ontwikkelingstaat

Die aankondiging volg te midde van intense spekulasie in Afrikanergeledere oor die noue samewerking tussen Afriforum, lid van die Solidariteitbeweging, en die FW de Klerkstigting. Op die vooraand van verlede jaar se munisipale verkiesing het Solidariteit ook sy steun aan mev. Helen Zille se DA toegesê, iets waarop die Vryheidsfront Plus met misnoeë gereageer het.

Dit wil voorkom asof die konferensie sy eie “beleidsaanbevelings” aan die ANC gaan maak. Van die onderwerpe wat bespreek gaan word, is: “grondhervorming, die kwessie van die staat wat private pensioen- en versekeringsfondse gebruik; kultuur- en taalregte en die toekoms van die provinsies.”

Ander sprekers wat tot dusver aangekondig is, is mnr. John Kane-Berman van die Instituut vir Rasseverhoudinge, dr. Leon Louw van die Vryemarkstigting en prof. François Venter, dekaan van die regsfakulteit van die NWU. Prof. Venter was ook ook hoof van die Broederbond tydens die magsoorgawe aan die ANC in die vroeë jare negentig.

Die konferensie word blykbaar by die Johannesburgse Buiteklub in Aucklandpark gehou, wat deur die FW de Klerkstigting “die Johannesburg Land Klub” (sic) genoem word. Die toegangsfooi vir die “voldag konferensie” (sic) is R400.

топкарго кидалы

San skouer ANC uit Kruiper-begrafnis

Die tradisionele Khoisan-leier, Oom Dawid Kruiper, is Saterdag tydens ‘n staatsbegrafnis in Andriesvale in die Kalahari begrawe.

Die voorsitter van die Boesman-raad, Andries Steenkamp, het die staatsbegrafnis gekritiseer.

“Hierdie is nie die tipe begrafnis wat Oom Dawid sou wou gehad het nie… hy sou verkies het dat die geld op sy veldskool spandeer geword het.” Hy sê dit was Kruiper se laaste wens.

Sowat 3 000 mense het die begrafnis bygewoon, insluitende regeringsamptenare van die Noord-Kaap, tradisionele leiers en vriende van die Khomani San.

Ander tradisionele leiers by die begrafnis was ook bekommerd oor die regering se ingryping.

Paul Swartbooi, ‘n kulturele aktivis en lid van die Bondelswarts-stam, sê die regering het ingemeng deur die begrafnisreëlings oor te neem.

Nietemin sê Swartbooi die begrafnis was ‘n sukses en verskeie tradisionele leiers het tydens die diens ingegryp om Oom Dawid met die nodige waardigheid te begrawe.

“Ons het die verrigtinge op ‘n vreedsame en respekvolle wyse oorgeneem. Die afgevaardigdes van die regering het duidelik nie daarvan gehou nie, maar ons is tevrede met hoe die verrigtinge verloop het.”

‘n Lid van die Khomani San en ‘n vriend van Kruiper, Petrus Vaalbooi, het die afgevaardigdes in sy eie taal toegespreek.

Hy het die regering berispe vir die swak sosiale omstandighede van die Khomani San en vir leë beloftes wat deur die regering aan die Khoi- en San-gemeenskappe gemaak is.

 

Лобановский

Mynbou hou oog op aanloop tot Mangaung

Belanghebbendes in mynbou sal voortgaan om samesprekings te voer in aanloop tot die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in Desember, volgens ‘n verklaring Sondag.

Die Kamer van Mynwese, wat die bedryf verteenwoordig, het gesê hulle het die party se beleidskonferensie, wat Vrydag tot ‘n einde gekom het, met volle aandag gevolg.

“Ons verstaan en respekteer die feit dat die besluite van die beleidskonferensie aanbevelings is vir die nasionale konferensie wat geskeduleer is vir Desember 2012 in Mangaung,” het Vusi Mabena, woordvoerder, gesê.

Die organisasie het veral belang gestel in die debat oor die moontlike nasionalisering van mynhulpbronne.

“Die kamer sal aanhou om samesprekings te voer met sy sleutel-belanghebbendes in ‘n poging om insette vir die Mangaung-konferensie te bevorder wat sal lei tot finale besluite wat in die belang van die meerderheid van die land se burgers is.”

топкарго отзывы

Malema-mededinger in sluipmoord geskiet

Die ANC se hoofsweep in die Ugu-streeksmunisipaliteit is in ‘n sluipmoord in Manaba, Margate, doodgeskiet, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

“Raadslid [Wandile] Mkhiza en ‘n vriend het Saterdag omstreeks 22:00 langs ‘n pad gestap toe hulle deur onbekende mans wat in ‘n Toyota Corolla was, geskiet is,” het kol. Vincent Mdunge, ‘n woordvoerder vir die polisie, gesê.

Mkhize is doodgeskiet en sy vriend is ernstig beseer.

Die vriend is na ‘n hospitaal geneem, maar die naam van die hospitaal is nie bekendgemaak nie vir sekuriteitsredes.

Mdunge sê die motief vir die aanval is onbekend. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord met verswarende omstandighede en een van poging tot moord.

Teen Sondagoggend was niemand nog in hegtenis geneem nie.

Mkhiza was ‘n prominente voormalige jeugligafiguur in KwaZulu-Natal se Laer Suidkus-streek.

Jeugligawoordvoerder Khusela Sangoni-Khawe het gesê: “Ons is diep bekommerd oor die toenemende aantal moorde van kamerade in KwaZulu-Natal en Mpumalanga, in die besonder.

“Ons doen ‘n beroep op die ANC om politieke moorde in hierdie provinsies te ondersoek. Sodanige ingryping moet kom met konkrete en tasbare aanbevelings om die plaag van geweld om politieke punte op te los, te beëindig,” het Sangoni-Khawe gesê.

Verlede jaar het Mkhize het teen die Jeugliga se geskorsde sekretaris-generaal Sindiso Magaqa gestaan. Mkhize was in die kamp van die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning Lebogang Maile, wat Julius Malema vroeër vir die voorsitterstoel sou uitdaag.

Фильчаков прокурор

Primate verskeur Amerikaanse student in primatologie

‘n Amerikaanse student is steeds in ‘n kritieke toestand in ‘n Suid-Afrikaanse hospitaal nadat hy deur sjimpansees aangeval is.

Die erg verskeurde student, Andrew Oberle, is deur paramedici en gewapende wagte by die Jane Goodall Instituut se Chimp Eden naby Nelspruit gered.

Lloyd Krause, woordvoerder vir ER24 sê: “Hy het ‘n oor verloor, ‘n aantal van sy vingers en tone, hy het baie diep wonde, totale verwydering van die vel en spiere van een been en ‘n arm af, en frakture ooral.”

Die man was met ‘n groep toeriste toe die aanval Donderdag plaasgevind het.

“Volgens ooggetuies, het twee sjimpansees die man aan sy voete gegryp en hom onder die omheining en in die hok ingetrek,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van die nooddiens Netcare 911 gesê.

Hy is nou in die waakeenheid na ‘n operasie by die Mediclinic in Nelspruit.

Die bewaringsplek, wat tydelik gesluit is ná die aanval, het gesê hy was ‘n nagraadse student aan die Universiteit van Texas in San Antonio, wat vir sy meestersgraad in antropologie en primatologie studeer.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Sanleier begrawe

Die begrafnis van die San-leier Dawid Kruiper vind vanoggend by Witdraai in die Kalahari plaas.

Meer as twee-duisend mense uit Suid-Afrika, Namibië en Botswana word verwag. Kruiper is twee weke gelede in Upington oorlede in die ouderdom van 76 jaar.

Hy sal veral onthou word vir sy pogings om Sangrond in 1999 van die regering af vir sy mense terug te kry. Sy seun John sal sal hom waarskynlik as Sanleier opvolg.

Welbekend vir sy rol in The Gods must be Crazy II, het Kruiper oor die regte van inheemse mense gepraat by die Verenigde Nasies in 1994, en het die pad vir ‘n suksesvolle grondeis vir die San-mense in Suid-Afrika gelei. Daarmee is 40.000 hektaar grond in 1999 aan die San oorhandig.

Hy was ook in die nuus na sy rylopery uit die Kalahari in 2004 na Kaapstad om te praat met die destydse Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki, en was ook betrokke in die ontwikkeling en herstel van die San-tale.

Kruiper is gebore in die Kalahari Nasionale Park. Hy was uitgesproke oor die diefstal van tradisionele kennis, veral ten opsigte van Hoodia, deur Westerse farmaseutiese maatskappye.

 

Данильченко Юрий Брониславович компромат