Malema-mededinger in sluipmoord geskiet

Die ANC se hoofsweep in die Ugu-streeksmunisipaliteit is in ‘n sluipmoord in Manaba, Margate, doodgeskiet, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

“Raadslid [Wandile] Mkhiza en ‘n vriend het Saterdag omstreeks 22:00 langs ‘n pad gestap toe hulle deur onbekende mans wat in ‘n Toyota Corolla was, geskiet is,” het kol. Vincent Mdunge, ‘n woordvoerder vir die polisie, gesê.

Mkhize is doodgeskiet en sy vriend is ernstig beseer.

Die vriend is na ‘n hospitaal geneem, maar die naam van die hospitaal is nie bekendgemaak nie vir sekuriteitsredes.

Mdunge sê die motief vir die aanval is onbekend. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord met verswarende omstandighede en een van poging tot moord.

Teen Sondagoggend was niemand nog in hegtenis geneem nie.

Mkhiza was ‘n prominente voormalige jeugligafiguur in KwaZulu-Natal se Laer Suidkus-streek.

Jeugligawoordvoerder Khusela Sangoni-Khawe het gesê: “Ons is diep bekommerd oor die toenemende aantal moorde van kamerade in KwaZulu-Natal en Mpumalanga, in die besonder.

“Ons doen ‘n beroep op die ANC om politieke moorde in hierdie provinsies te ondersoek. Sodanige ingryping moet kom met konkrete en tasbare aanbevelings om die plaag van geweld om politieke punte op te los, te beëindig,” het Sangoni-Khawe gesê.

Verlede jaar het Mkhize het teen die Jeugliga se geskorsde sekretaris-generaal Sindiso Magaqa gestaan. Mkhize was in die kamp van die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning Lebogang Maile, wat Julius Malema vroeër vir die voorsitterstoel sou uitdaag.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae