Mynbou hou oog op aanloop tot Mangaung

Belanghebbendes in mynbou sal voortgaan om samesprekings te voer in aanloop tot die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in Desember, volgens ‘n verklaring Sondag.

Die Kamer van Mynwese, wat die bedryf verteenwoordig, het gesê hulle het die party se beleidskonferensie, wat Vrydag tot ‘n einde gekom het, met volle aandag gevolg.

“Ons verstaan en respekteer die feit dat die besluite van die beleidskonferensie aanbevelings is vir die nasionale konferensie wat geskeduleer is vir Desember 2012 in Mangaung,” het Vusi Mabena, woordvoerder, gesê.

Die organisasie het veral belang gestel in die debat oor die moontlike nasionalisering van mynhulpbronne.

“Die kamer sal aanhou om samesprekings te voer met sy sleutel-belanghebbendes in ‘n poging om insette vir die Mangaung-konferensie te bevorder wat sal lei tot finale besluite wat in die belang van die meerderheid van die land se burgers is.”

топкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae