Jeugliga neem Sabie-munisipale kantore oor

Die ANC Jeugliga het die Thaba Chweu Munisipaliteit te Sabie en Graskop in Mpumalanga gedwing om hul kantore te sluit en het munisipale werkers verhoed om met hul werk voort te gaan.

Amptenare is glo na bewering gedreig met die woorde: “I am telling you to switch off your computer and go home, this is going to get serious.”

Die munisipale bestuurder het na bewering aan die groep se eise toegegee en nie die Polisie ingeroep nie. Al die munisipale werkers is huis toe gestuur en beveel om eers Maandag, 2 Julie weer vir diens aan te meld.

Die gevolg is dat die publiek nie toegang tot enige dienste het nie en is selfs die munisipale noodnommers onbeman.

Die Jeugligalede het na bewering gesê dat hulle die bestuur van die dorp oorneem en dat hulle nie voorgeskryf sal word deur die ANC in Mpumalanga nie.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae