Op ‘n warm somersaand in ‘n Madridpark sit sowat 30 mense aan vir ‘n heerlike opelug-maaltyd van gesoteerde groente en mengelslaai – vars uit die vullisdrom.Dit is gemorskos, baie letterlik, op die Spaanse manier.
Om afval te beveg, is hierdie groep van omgewingsbewustes besig om kos te versamel vir ‘n “gemorskos” eet-ervaring, oop vir die hele buurt.
Die vorige aand het hulle gaan krap in die afvalhouers van koswinkels op soek na weggegooide bestanddele wat nog goed is om te eet.
Na… uhm, ‘n vrugtelose eerste uur, het hulle uiteindelik ‘n vullishouer buite ‘n groente- en vrugtewinkel raakgeloop.
Hulle het kilogramme spinasie, appelkose, tamaties, wortels, piesangs, mespilus, die helfte van ‘n pynappel, plus kool, blomkool, rissies, seldery en kersietamaties uit die vullisdrom gegrawe.
“Dit was ‘n goeie vonds. Die meeste van dit was in ‘n goeie toestand,” sê die 50-jarige Txomin Calvo.
Die etes het in 2010 begin toe die groep iets wou doen oor die hoeveelheid goeie kos wat gemors word.
“Dit is meer as net ‘n protes, ons gebruik dit om gratis kos te gee aan mense in die moeilikheid,” het Calvo gesê.
Die tydsberekening is reg vir Spanje, waar die een uit elke vier mense in die arbeidsmag werkloos is en 21,8 persent van die bevolking onder die broodlyn in 2011 geleef het.
“Sommige dae kry jy baie, baie goeie goed en op ander amper niks,” sê die 43-jarige Luis Tamayo, nog ‘n stigter van die “gemorskos” groep.
Die volgende dag by ‘n tafel in ‘n park van die werkersklasdistrik van Lavapies, oop aan inwoners by die stadsaal, is daar heerlike geregte op die spyskaart : Room van eiervrugsop, gerasperde wortels met tofu, groen bone, groente- en vrugteslaai.
Benewens die bestanddele in dromme, skenk winkeliers van die voedsel wat verby die vervaldatum is.
Die kos is glo ook ontsmet.
“Ek het geen probleem met ‘n ete soos hierdie nie, want ek weet die kos wat ons uitgooi is nie sleg nie,” sê die 44-jaar-oue Pepe Rodriguez, wat werkloos is en gehoor het van die gratis eettafel van ‘n vriend.
“Dit is nie vir my rommel nie, en ek kan sê, dit is regtig goed.”
Die omgewing is op ‘n missie om vermorsing te stop. In Spanje, word die ekwivalent van 163 kg voedsel per persoon uitgegooi elke jaar. Oor die Europese Unie is die vermorsing selfs hoër op 179 kg.
“Die doel is om te probeer om matige, verantwoordelike gebruik te bevorder. Ons het nie onbeperkte bronne nie en ons moet deel met diegene wat dit nodig het. Daar is ‘n klomp mense,” het Miguel Carreño, ‘n ander lid van die groep gesê.
Die beweging het begin in die Verenigde State in die 1990’s as “freeganism”. Maar dit het ‘n nuwe betekenis in Spanje, wat in ‘n verdiepende resessie en die lyding van ‘n finansiële krisis verkeer.
In Mei 2011, het ‘n VN-verslag oor Voedsel en Landbou gesê te veel winkeliers en verbruikers gooi voedsel weg wat perfek geskik is om te eet as gevolg van oormatige aandag aan die voorkoms daarvan.
Aktiviste wil ook die wet laat hersien: Winkeliers mag tans nie verby-die-datum kos skenk nie en mense wat rommel in Madrid deursoek loop die risiko van ‘n 150-euro boete.
