Betogers val pa en seun aan in Durban

Een betoger is dood en ander ernstig beseer nadat ‘n pa desperaat probeer het om weg te kom van oproeriges wat hom en sy seun wou aanval tydens ‘n diensleweringsopstand in Durban Donderdag.

Sowat 500 inwoners van die Puntans Hill-informele nedersetting het om 03:00 begin amok maak, omdat die munisipaliteit onwettige elektriese verbindings vroeër hierdie week verwyder het.

‘n Man is geskok toe hy probeer het om die drade weer aan te sluit, wat verder bygedra het tot die spanning, en na ‘n vergadering, het die inwoners glo besluit om te betoog.

Polisiebronne het gesê betogers het motoriste in Alpineweg geteiken, motors voorgekeer, vensters gebreek en probeer om mense te dwing om uit hul voertuie te klim.

Die bron het gesê ‘n motoris, wat met sy seun op reis was, is gedwing om te stop.

“Die motoris is omring en sy seun is uit die motor getrek en geslaan deur die skare.

“Die motoris het probeer om sy seun te beskerm en wegry oor twee van die betogers. Die polisie het die bebloede seun aangetref waar hy erg aangerand in die middel van die pad gelê het.

Een betoger het gesterf. Die ander een en die seun is na die hospitaal geneem. Albei het volgens bronne sleg seergekry.

Clive Brookes, wie se seuns Travis en Mitchell probeer het om ‘n gesin wat aangeval word, te help, het gesê dat die gebied was ‘n “no-go” gebied.

“Mense gebruik brandende bande en blokkeer die paaie. Die motor van die ander gesin is regtig baie erg beskadig.

“Hulle vensters is gebreek en hulle is uitgesleep en geslaan. Almal was bebloed en beseer,” het hy gesê.

Metro-polisie-woordvoerder, Senior Superintendent Eugene Msomi, het gesê die polisie het verslae ontvang van twee betogers wat deur motorvoertuie tydens die geweld getref is.

Twee mense is ook beseer nadat hul motor deur betogers aangeval is, het hy gesê.

“Hulle almal ontvang behandeling by verskeie hospitale.

Sthembiso Mpanza, die voorsitter van die Puntans Hill-informele nedersetting, is in hegtenis geneem op openbare geweld-verwante klagtes. Nog twee mense is in hegtenis geneem.

Hy het gesê die gemeenskap is woedend dat betogers raakgery is.

“Ons het net probeer om die boodskap oor te dra aan die burgemeester, die hoof van die departement van behuising en die hoof van die elektrisiteit-afdeling, wat ons dienslewering belowe het. Ons veg nie teen ons plaaslike raadslid nie. Ons veg teen die mense in beheer van die departemente wat voortgaan om leë beloftes te maak.”

Praag wil lesers se aandag vestig op die SAPA-berig wat Nuus24 geplaas het oor dieselfde voorval. Let op hoe dit aangebied word asof daar geen rassespanning tydens die oproer geheers het nie.

топкарго

Monopolistiese media bedreig mediavryheid sê SAKP

Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Blade Nzimande, sê ‘n gebrek aan diversiteit in media-eienaarskap is die grootste bedreiging tot mediavryheid in die land.

Volgens RGS het Nzimande by die party se nasionale kongres by die Universiteit van Zoeloeland teen monopolistiese media-eienaarskap gepleit.

Nzimande sê nog een van die probleme is buitelandse inmenging dmv die media. Hy meen Suid-Afrika behoort dit te oorweeg om buitelandse mediabesit ook te beheer.

Nzimande het gesê Suid-Afrika staar kruipende Amerikanisering van die politieke toneel in die gesig.

“Die eerste is die pogings om ons interne leierskapsverkiesingsprosesse te verander na ‘n soort van Amerikaanse presidensiële primêre verkiesing. Dit manifesteer deur [onder andere], ongeduld met organisatoriese prosedures en protokolle en in plaas daarvan om ‘n verkiesing as ‘n soort van individuele skoonheidskompetisie te sien,” het Nzimande gesê.

Hy het bygevoeg dat, soos in die VSA, word die inmenging dikwels bemiddel deur geldbelange en ryk individue wat agter hierdie tendens sit. Hy het gesê alliansielede moet hierdie Amerikanisering weerstaan.

Nzimande het gesê dat nog ‘n bedreiging vir die land se politiek nie-politieke en sogenaamde burgerlike formasies is wat deur internasionale skenkers befonds word.

“Hierdie bedreiging, wat aangebied word as die beste beskermheer van ons demokrasie … manifesteer in die teenwoordigheid van enkelkwessie-gebaseerde nie-regerings-organisasies, hoofsaaklik befonds deur buitelandse en imperialistiese donateurs, dikwels met die verskoning dat ons demokrasie en die grondwet bedreig word.”

Hy het gesê dat ‘n aantal van hierdie NRO’s ‘n politieke agenda het om die regering te diskrediteer. Gekoppel aan hierdie bedreigings, sê Nzimande, is verhoogde uitdagings aan die regering se besluite. Hy het gesê dit is dikwels ‘n poging om ‘n “nie-verkose parallelle regering te skep wat slegs aan die verkose rade van baie van hierdie organisasies verslag doen, wat paradeer as bewaarders van demokrasie en die grondwet”.

Nzimande het ook ingeklim in die Suid-Afrikaanse media.

“Auckland Park is ‘n skande, elke dag, vir ontbyt, middagete en aandete, SABC gebruik die platform om met afvalliges wat uit die beweging geskors is, te hardloop,” sê Nzimande .

Hy het ook gesê die media is uiters monopolisties, wat diversiteit smoor. Hy het gesê die monopolie van die media is ‘n bedreiging vir die vryheid van die media.

Intussen het die SAKP se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, gesê hy sal bly op die sentrale komitee indien verkies.

Die ANC-jeugliga is ‘n fel kritikus van Mantashe omdat hy die kommunistiese agenda deur middel van sy posisie as sekretaris-generaal van die regerende party glo bevorder.

Александр Фильчаков прокурор

Xenofobie vlam weer in Kaapstad op

Vier spaza-winkels wat deur buitelanders besit word, is in Beacon Valley in Kaapstad met petrolbomme aangeval in die jongste voorval van xenofobiese geweld.

‘n Spaza-winkel in Valhalla Park, Bishop Lavis, wat deur buitelanders besit word, is Woensdag ook geplunder en met petrolbomme bestook.

Ahmed Ibrahim-Abram, ‘n winkelier, het aan die koerant gesê hy is nou vir drie maande in die land en is reeds gewaarsku dat geweld teen buitelanders heers.

“Ek het nooit gedink hulle sal probeer om ons met vuur dood te maak nie.”

Фильчаков прокурор отзывы

Wit Afrikaners kry die skuld vir mislukte staat

Die jongste uitgawe van die tydskrif Foreign Policy bevat die 2012-uitgawe van die Mislukte State-indeks. In samewerking met die Fund for Peace, word Suid-Afrika op die indeks aangedui as ‘n grensgeval mislukte staat. 

En die skuld daarvoor moet op wit Afrikaners gepak word, sê ‘n politieke ontleder.

Daar is heelwat konsensus oor wat presies ‘n mislukte staat behels, veral as dit by lande soos Somalië kom wat vanjaar bo-aan die indeks staan. Lande in Afrika is baie goed verteenwoordig op die indeks.

Die dinkskrum in Washington, Fund for Peace, beskou nie ‘n enkele staat in Afrika eens as “stabiel” nie. Suid-Afrika is ook nie alleen ‘n grensgeval nie. Botswana, die Seychelles en Ghana is die ander sukkelaars op ‘n kontinent waar klaaglike mislukkings volop is.

Dit is die agtste jaarlikse poging om ‘n versameling mislukkings uit te wys.

“Dit is ‘n ondersoek na die broosheid van lande,” sê een van die samestellers. “Dit is ‘n voorstelling van die vatbaarheid van die staat om te misluk, met besondere aandag aan die risiko’s wat betrokke is.”

Die dinkskrum definieer ‘n mislukte staat soos volg. “Een van die mees algemene [eienskappe van ‘n mislukte staat] is die verlies van fisiese beheer oor grondgebied of ‘n monopolie op die wettige gebruik van geweld. ‘n Ander is legitieme gesag om gesamentlike besluite te maak, ‘n onvermoë om redelike openbare dienste te voorsien, en die onvermoë om te kommunikeer met ander lande as ‘n volle lid van die internasionale gemeenskap.”

Suid-Afrika is 115 uit die 177 lande wat bestudeer is, ‘n daling van een plek van verlede jaar se uitgawe, met ‘n telling van 66,8. Die risiko word gemeet deur die voorkoms van korrupsie en kriminele gedrag, die staat se onvermoë om belasting te verhaal of andersins op burgerlike ondersteuning staat te maak, grootskaalse onwillekeurige ontwrigting van die bevolking, skerp ekonomiese verval, groeps-gebaseerde ongelykheid, geïnstitusionaliseerde diskriminasie of vervolging, ernstige demografiese druk, breindrein, en omgewingsverval.

Dit klink baie na die soort kwessies waarmee Suid-Afrika daagliks worstel.

Politieke ontleder Ebrahim Fakir dink egter nie so nie. Hy is baie bekommerd oor hoe die indeks saamgestel word. “As hierdie data inderdaad afkomstig is van berigte in die media, dan moet ons in gedagte hou dat die hardste klaers oor menseregteversuime en diensleweringsprobleme in Suid-Afrika, wit Afrikaners is,” het hy aan Daily Maverick gesê. “Diegene wat onder die grootste tekortkominge van die staat ly, het dikwels nie toegang tot die media nie, so daar is ook ‘n skewe beeld van wat Suid-Afrika se uitdagings behels.”

‘n Wankelrige samelewing is nie ‘n mislukte staat nie, sê Fakir.

“Die teenwoordigheid van swakhede is nie dieselfde as om te sê jy is op die rand van ‘n mislukking nie,” sê hy. 

 

 

 

данильченко юрій броніславович

NBU wil hof toe oor R6 miljard se ‘onwettige belastings’

Daar was Dinsdag ‘n gesamentlike vergadering van die belastingbetalersverenigings, oftewel BBV’s, van Port Elizabeth, Oos London , St Francisbaai, Jeffriesbaai en nog ‘n paar ander klein dorpies in die omgewing, sê mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, die NBU, oor belastings wat glo onwettig op inwoners gehef is.

Daar is eenparig by die vergadering besluit dat die kwessie van nie-promulgasie en derhalwe die onwettige hef van eiendomsbelasting in die hele Oos Kaap op ‘n vergadering op Cradock op 4 Augustus met alle rolspelers in die Oos Kaap verder bespreek sal word.

Die BBV’s dreig met regstappe omdat hul munisipaliteite na bewering eiendomsbelastingtariewe op ‘n onwettige wyse hef.

Van die munisipale verordenings oor die hef van eiendomsbelastingtariewe is eers in 2009 gepromulgeer. Daar was tot dusver geen aanduidings gevind dat van die tariewe (waarvan sommige bedrae tot R6 miljard beloop) van 2005 tot op hede gepromulgeer is in die Staatskoerant soos vereis deur die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting (Wet 6 van 2004) nie.

Die vereniging gaan so gou doenlik ‘n hooggeregshofaansoek oor die kwessie bring.

Die ANC se LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake, Mlibo Qoboshiyane, het by monde van sy woordvoerder, Mvusiwekhaya Sicwetsha, gesê “dit sal geld wegneem van dienslewering indien die belastingbetalersverenigings hof toe gaan”.

топкарго развод

SA se grootste koerantgroep te koop

Independent News and Media (INM), die land se grootste koerantgroep, is te koop, het Business Day berig.

Die nuus het tot heelwat gerugte gelei dat kopers met politieke doelstellings besonder baie daarin belangstel om die groep te koop.

INM besit koerante soos The Star, Cape Times en Sunday Independent.

Volgens die Financial Times is Cyril Ramaphosa se Shanduka Group en Iqbal Survé se Sekunjalo Investments onder die maatskappye wat waarskynlik die titels sal koop. Daar is egter baie ander belangstelling ook.

Tony Howard, hoof-uitvoerende beampte van INM SA, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Dit is alombekend dat gedrukte koerante wêreldwyd oor die afgelope drie jaar die helfte van hul inkomste moes inboet aan advertensieverliese wat die bedryf onvermydelik op ‘n afwaartse glybaan plaas.

Joernaliste het bekommerd gereageer op die nuus en gesê hulle vrees vir hulle werk omdat die transaksie waarskynlik tot grootskaalse afleggings sal lei.

Volgens toekomskundiges sal dié posbeskrywing aanstons verdwyn soos wat nuwe media groei.

Лобановский

Grondgryp-debat spoel oor na Twitter, TV

Sedert Sondag woed daar ‘n onophoudelike debat oor grondgryp op Twitter tussen dr. Dan Roodt van PRAAG, Steve Hofmeyr, Adriana Stuijt en swart openbare persoonlikhede soos die radikale swart nasionalis, Andile Mngxitama.

Vanoggend op die etv-progam, Sunrise, wat oënskynlik oor maatskaplike samehorigheid gewentel het, is die oproep herhaal dat blanke grondeienaars afstand van hul plase moet doen. ‘n Swart inbeller van Welkom het gesê: “As blankes nie afstand van hul blanke bevoordeling gaan doen nie, gaan daar oorlog wees.”

Onder swart deelnemers heers daar konsensus dat blankes hul grond óf van swartes “gesteel” of “onregverdig bekom het”. Dr. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus het vanuit Kaapstad aan die program deelgeneem en hom op ‘n stadium vererg omdat die programaanbiedster voorgegee het “dat alle blanke kinders oor trustfondse beskik waarmee hulle vir private en universiteitsonderwys betaal”. Volgens Mulder gaan die meeste blankes lenings aan om te kan studeer.

Gisteraand het ‘n radiodebat op East Coast Radio tussen dr. Roodt en Mngxitama plaasgevind waartydens dit geblyk het dat daar geen gemene grond tussen hulle bestaan nie. Roodt glo dat eiendomsreg volgens bestaande wette nagekom moet word en dat daar selfs onder apartheid groot bedrae geld op swart onderwys, gesondheid en welvaar bestee is. Mngxitama, daarenteen, meen dat blanke plaaseienaars swart werkers op hul plase as “slawe” aanhou. Hy wil die bordjies verhang sien en “blanke slawe” op swart plase sien.

In een van sy twiets het Mngxitama ook gesê dat hy nie noodwendig wil boer nie. Hy wil net “sit en kyk na sy grond”.

Die skielike opgang wat Mngxitama in die Suid-Afrikaanse media maak – hy het gister ook ‘n rubriek in The Sowetan, ANC leaders have bought themselves out of blackness, gepubliseer – laat ontleders gis of hy nie dalk deur die ANC-regering gebruik word om die swart publiek verder rondom grondgryp te radikaliseer nie. Sodoende kan die ANC as “meer gematig” voorkom en moontlik voorstel dat blankes nie alle grond moet afstaan nie, maar bloot tagtig of negentig persent, sodat grondbesit “demografies verteenwoordigend” mag wees.

Лобановский Харьков

Chaos by Zuma-lesing in Limpopo

Vyf ondersteuners van die ANC-jeugliga, wat Dinsdag in hegtenis geneem is, is op waarskuwing vrygelaat.

Die ondersteuners is aangekeer nadat geweld by ‘n saal in Limpopo uitgebreek het waar pres. Jacob Zuma ‘n lesing moes lewer.

“Hulle was ‘n weerbarstige groep mense wat in die middag reeds begin het om paaie te versper,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.

Minstens 300 ondersteuners van die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het buite die Holy Worship-kerksaal in Thohoyandou saamgekom voordat Zuma opgedaag het.

Die groep, wat liedjies teen Zuma gesing het, was Dinsdagmiddag in ‘n stoeiery met die polisie betrokke toe lede van die liga geweier het om weg van die kerksaal se ingang te beweeg.

“Hulle het om 16:00 die saal binnegegaan waarna die ANC se sekuriteit probeer het om hulle onder beheer te bring en hulle aangerand het,” het Mulaudzi gesê.

Hy het gesê die polisie se hulp is ingeroep om die situasie te ontlont.

“Vyf van die ondersteuners is in ‘n polisiewa gebondel en weggeneem van die saal.

“Hulle is ‘n ernstige waarskuwing gegee om nie weer probleme by die verrigtinge te veroorsaak nie. Hulle het daarna ingestem en is op waarskuwing vrygelaat.”

Mulaudzi kon egter nie sê wat met die sekuriteitsbeamptes gebeur het wat die Malema-ondersteuners aangerand het nie.

Zuma het net na 17:00 begin om sy Nelson Mandela-gedenklesing te lewer.

Geweld het gedurende sy lesing buite die saal steeds voortgegaan.

Mulaudzi sê waterkanonne is gebruik om die skare uiteen te jaag en die situasie is onder beheer gebring.

Zuma se lesing het gehandel oor die nalatenskap van oudpres. Nelson Mandela.

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Данильченео

Debat tussen dr. Dan Roodt en Andile Mngxitama vanaand om 21:00

Daar sal oor ‘n halfuur ‘n debat op East Coast Radio in Durban wees tussen dr. Dan Roodt van PRAAG en die radikale swart denker, Andile Mngxitama. Enigeen wat belangstel, maar nie in Natal woon nie, kan op die internet inluister by die volgende skakel:

http://www.ecr.co.za/kagiso/content/en/east-coast-radio/east-coast-radio-listen

Adriana Stuijt sal ook lopende kommentaar op Twitter lewer . Daar is insgelyks ‘n Twitter-debat tydens die program by .

Die program word aangebied deur Ndumiso Ngcobo, ‘n rubriekskrywer van die Sunday Times. Sy Twitter-rekening is .

лобановский класс

Skoolopstand soos in 1976 nou nodig

Skoolopstande soos in 1976 is nou nodig sê ‘n voormalige ANC-minister. Hierdie keer sal dit egter nie teen Afrikaans wees nie, maar teen ‘n onbevoegde swart regering.

Van die versuim om handboeke te lewer tot onbetaalde rekeninge en korrupte onderwys-amptenare, is maar ‘n paar van die klagtes wat instroom. Sedert 1994 is weinig behaal om swart onderwys te verbeter.

Die voormalige minister van gesondheid, Barbara Hogan het gister haar stem gevoeg tot die koor wat die mislukkings van die land se onderwysstelsel uitwys.

Sy het gister by nie-regerings organisasie se nasionale konferensie oor gelyke onderwys gepraat en gesê jong swartes moet die strate invaar vir beter onderwys.

Hogan het ‘n beroep op jong swartes gedoen om te mobiliseer en te “begin om die regering aanspreeklik te hou”. Sy het byvoeg dat die 1976 Soweto-opstande die mag van leerlinge gedemonstreer het.

“Dit kan nie gesê word dat net omdat dinge sleg was onder apartheid beteken dit dat ons nie kan sê dinge is nou sleg nie. Demokrasie moet altyd versterk word en voor geveg word,” het sy gesê.

“Eerder as om net optogte, optogte en optogte te hou, moet studente baie meer innoverende maniere vind. Indien geld nie behoorlik vloei in ‘n departement van onderwys nie, het hulle nodig om te gaan na die finansiële kantoor en te betoog.”

Hogan se kommentaar kom twee weke nadat die minister van justisie, Jeff Radebe, gesê het die nie-lewering van handboeke aan Limpopo se skole is ‘n “nasionale skande”.

‘n Limpopo-klerkis intussen in hegtenis geneem is vir die storting van honderde van handboeke en die nasionale departement maak reg vir ‘n yslike regsgeding wat miljoene kan kos oor die fiasko.

Die African Publishers Association beweer in hofstukke dat katalogusse aan skole gestuur word deur uitgewers vir onderwysers om van te kies. Maar toe die nasionale departement oorgeneem het, is die skole voorsien van hul keuse van boeke.

In die Oos-Kaap, het die provinsiale departement van onderwys – wat onder administrasie is – in gebreke gebly om diensverskaffers te betaal. Die agterstallige bedrag beloop glo meer as R120-miljoen.

By ‘n pakhuis in die Port Elizabeth-distrik lê duisende handboeke wat deur skole teruggestuur is.

Aan Xhosa-leerlinge is glo Sotho-werkboeke gestuur, terwyl die Afrikaans- en Engelssprekende leerlinge Xhosa-werkboeke ontvang het.

In die PE-distrik alleen word byna alle kinders van graad R tot 7gelaat sonder enige geletterdheid en gesyferdheid werkboeke.

лобановский александр компромат