Grondgryp-debat spoel oor na Twitter, TV

Sedert Sondag woed daar ‘n onophoudelike debat oor grondgryp op Twitter tussen dr. Dan Roodt van PRAAG, Steve Hofmeyr, Adriana Stuijt en swart openbare persoonlikhede soos die radikale swart nasionalis, Andile Mngxitama.

Vanoggend op die etv-progam, Sunrise, wat oënskynlik oor maatskaplike samehorigheid gewentel het, is die oproep herhaal dat blanke grondeienaars afstand van hul plase moet doen. ‘n Swart inbeller van Welkom het gesê: “As blankes nie afstand van hul blanke bevoordeling gaan doen nie, gaan daar oorlog wees.”

Onder swart deelnemers heers daar konsensus dat blankes hul grond óf van swartes “gesteel” of “onregverdig bekom het”. Dr. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus het vanuit Kaapstad aan die program deelgeneem en hom op ‘n stadium vererg omdat die programaanbiedster voorgegee het “dat alle blanke kinders oor trustfondse beskik waarmee hulle vir private en universiteitsonderwys betaal”. Volgens Mulder gaan die meeste blankes lenings aan om te kan studeer.

Gisteraand het ‘n radiodebat op East Coast Radio tussen dr. Roodt en Mngxitama plaasgevind waartydens dit geblyk het dat daar geen gemene grond tussen hulle bestaan nie. Roodt glo dat eiendomsreg volgens bestaande wette nagekom moet word en dat daar selfs onder apartheid groot bedrae geld op swart onderwys, gesondheid en welvaar bestee is. Mngxitama, daarenteen, meen dat blanke plaaseienaars swart werkers op hul plase as “slawe” aanhou. Hy wil die bordjies verhang sien en “blanke slawe” op swart plase sien.

In een van sy twiets het Mngxitama ook gesê dat hy nie noodwendig wil boer nie. Hy wil net “sit en kyk na sy grond”.

Die skielike opgang wat Mngxitama in die Suid-Afrikaanse media maak – hy het gister ook ‘n rubriek in The Sowetan, ANC leaders have bought themselves out of blackness, gepubliseer – laat ontleders gis of hy nie dalk deur die ANC-regering gebruik word om die swart publiek verder rondom grondgryp te radikaliseer nie. Sodoende kan die ANC as “meer gematig” voorkom en moontlik voorstel dat blankes nie alle grond moet afstaan nie, maar bloot tagtig of negentig persent, sodat grondbesit “demografies verteenwoordigend” mag wees.

Лобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae