Heilige Winnie kla oor ANC se gebrek aan eerbied

Winnie Madikizela-Mandela het in ‘n driftige brief die ANC aangeval, en die party van “treurige behandeling” asook die misbruik van die Mandela-naam beskuldig.

Die veteraan het in ‘n brief gerig aan partywoordvoerder Jackson Mthembu, die ANC gekasty en gesê: “Ons [die Mandela-familie] maak net saak as ons gebruik word vir ‘n paar agendas.”

‘n Duidelik seergemaakte en woedende Madikizela-Mandela het die brief in reaksie op ‘n versoek vir ‘n vergadering gestuur. Die ANC wou eeufeesvieringe en die voormalige president Nelson Mandela se deelname daaraan tydens sy verjaarsdagmaand bespreek.

Madikizela-Mandela se brief sal lei tot verdere gespanne verhoudings tussen haar en die party wat sy vir baie dekades gedien het.

In die brief, gerig aan “Kameraad Jackson”, sê Madikizela-Mandela: “Ons is diep seergemaak as die familie. Ons het nie eers ‘n tafel gehad nie [by die vieringe in Mangaung] en die situasie is gered deur mev Bridgette Radebe [vrou van die minister van justisie, Jeff Radebe].”

Madikizela-Mandela, het gekla dat sy gedurende die voorbereidings vir die eeufeesvieringe ‘n toeskouer was. In 2011, het sy gesê, sy is gereduseer om bloot “deurentyd ‘n toeskouer” te wees.

Madikizela-Mandela sê die diep oneerbiedige hantering van haar en van Mandela deur die ANC is duidelik want die ANC wil Mandela se verjaarsdag wat die familie reël “gate-crush”. (Die korrekte Engelse uitdrukking is “gate-crash”)

Madikizela-Mandela beskuldig die party dat die fakkel van die eeufeesvieringe slegs na haar Sowetohuis gebring is ná ingryping deur die Gauteng ANC-leiers, provinsiale voorsitter Paul Mashatile en die provinsiale sekretaris David Makhura.

лобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae