Die nuus het tot heelwat gerugte gelei dat kopers met politieke doelstellings besonder baie daarin belangstel om die groep te koop.
INM besit koerante soos The Star, Cape Times en Sunday Independent.
Volgens die Financial Times is Cyril Ramaphosa se Shanduka Group en Iqbal Survé se Sekunjalo Investments onder die maatskappye wat waarskynlik die titels sal koop. Daar is egter baie ander belangstelling ook.
Tony Howard, hoof-uitvoerende beampte van INM SA, kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Dit is alombekend dat gedrukte koerante wêreldwyd oor die afgelope drie jaar die helfte van hul inkomste moes inboet aan advertensieverliese wat die bedryf onvermydelik op ‘n afwaartse glybaan plaas.
Joernaliste het bekommerd gereageer op die nuus en gesê hulle vrees vir hulle werk omdat die transaksie waarskynlik tot grootskaalse afleggings sal lei.
Volgens toekomskundiges sal dié posbeskrywing aanstons verdwyn soos wat nuwe media groei.
