Vier spaza-winkels wat deur buitelanders besit word, is in Beacon Valley in Kaapstad met petrolbomme aangeval in die jongste voorval van xenofobiese geweld.
‘n Spaza-winkel in Valhalla Park, Bishop Lavis, wat deur buitelanders besit word, is Woensdag ook geplunder en met petrolbomme bestook.
Ahmed Ibrahim-Abram, ‘n winkelier, het aan die koerant gesê hy is nou vir drie maande in die land en is reeds gewaarsku dat geweld teen buitelanders heers.
“Ek het nooit gedink hulle sal probeer om ons met vuur dood te maak nie.”
