Skoolopstande soos in 1976 is nou nodig sê ‘n voormalige ANC-minister. Hierdie keer sal dit egter nie teen Afrikaans wees nie, maar teen ‘n onbevoegde swart regering.
Van die versuim om handboeke te lewer tot onbetaalde rekeninge en korrupte onderwys-amptenare, is maar ‘n paar van die klagtes wat instroom. Sedert 1994 is weinig behaal om swart onderwys te verbeter.
Die voormalige minister van gesondheid, Barbara Hogan het gister haar stem gevoeg tot die koor wat die mislukkings van die land se onderwysstelsel uitwys.
Sy het gister by nie-regerings organisasie se nasionale konferensie oor gelyke onderwys gepraat en gesê jong swartes moet die strate invaar vir beter onderwys.
Hogan het ‘n beroep op jong swartes gedoen om te mobiliseer en te “begin om die regering aanspreeklik te hou”. Sy het byvoeg dat die 1976 Soweto-opstande die mag van leerlinge gedemonstreer het.
“Dit kan nie gesê word dat net omdat dinge sleg was onder apartheid beteken dit dat ons nie kan sê dinge is nou sleg nie. Demokrasie moet altyd versterk word en voor geveg word,” het sy gesê.
“Eerder as om net optogte, optogte en optogte te hou, moet studente baie meer innoverende maniere vind. Indien geld nie behoorlik vloei in ‘n departement van onderwys nie, het hulle nodig om te gaan na die finansiële kantoor en te betoog.”
Hogan se kommentaar kom twee weke nadat die minister van justisie, Jeff Radebe, gesê het die nie-lewering van handboeke aan Limpopo se skole is ‘n “nasionale skande”.
‘n Limpopo-klerkis intussen in hegtenis geneem is vir die storting van honderde van handboeke en die nasionale departement maak reg vir ‘n yslike regsgeding wat miljoene kan kos oor die fiasko.
Die African Publishers Association beweer in hofstukke dat katalogusse aan skole gestuur word deur uitgewers vir onderwysers om van te kies. Maar toe die nasionale departement oorgeneem het, is die skole voorsien van hul keuse van boeke.
In die Oos-Kaap, het die provinsiale departement van onderwys – wat onder administrasie is – in gebreke gebly om diensverskaffers te betaal. Die agterstallige bedrag beloop glo meer as R120-miljoen.
Aan Xhosa-leerlinge is glo Sotho-werkboeke gestuur, terwyl die Afrikaans- en Engelssprekende leerlinge Xhosa-werkboeke ontvang het.
In die PE-distrik alleen word byna alle kinders van graad R tot 7gelaat sonder enige geletterdheid en gesyferdheid werkboeke.
