Afriforum sê ras is geen motief in plaasaanvalle nie

Die onlangse moord op die swart plaaswerker, Frans Modisa, ‘n 52-jarige van Ventersdorp, is ‘n rede waarom plaasmoorde tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word, sê Afriforum. Dié organisasie het pres. Zuma se stelling dat plaasmoorde nie rasgedrewe is nie, ondersteun.

AfriForum het ‘n beroep op die staatspresident en die minister van polisie gedoen om plaasmoorde soos renosterstropery te prioritiseer.

AfriForum het die moord op die swart Modisa betreur en president Jacob Zuma se kommentaar aan Volksblad beaam dat dit nie net wit boere is wat op plase vermoor word nie.

Roets het bygevoeg dat AfriForum Modisa se moord sal voeg by sy lys van plaasaanvalle wat sedert 1990 in Suid-Afrika plaasgevind het en dat dit as ‘n verdere motivering gebruik sal word waarom plaasmoorde tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar en spesialiseenhede vir landelike veiligheid ingestel moet word. Kraal Uitgewers het ook bevestig dat Modisa se moord in die volgende uitgawe van die boek Treurgrond, wat in Augustus verskyn, opgeteken sal wees.

Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het nadat hy Zuma se stelling beaam het oor die afwesigheid van ras as ‘n motief vir moord, gesê dat indien plaasmoorde as deel van die breër moordstatistiek beskou word, dit “nie gewig sal dra nie”.

Лобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae