Betogers val pa en seun aan in Durban

Een betoger is dood en ander ernstig beseer nadat ‘n pa desperaat probeer het om weg te kom van oproeriges wat hom en sy seun wou aanval tydens ‘n diensleweringsopstand in Durban Donderdag.

Sowat 500 inwoners van die Puntans Hill-informele nedersetting het om 03:00 begin amok maak, omdat die munisipaliteit onwettige elektriese verbindings vroeër hierdie week verwyder het.

‘n Man is geskok toe hy probeer het om die drade weer aan te sluit, wat verder bygedra het tot die spanning, en na ‘n vergadering, het die inwoners glo besluit om te betoog.

Polisiebronne het gesê betogers het motoriste in Alpineweg geteiken, motors voorgekeer, vensters gebreek en probeer om mense te dwing om uit hul voertuie te klim.

Die bron het gesê ‘n motoris, wat met sy seun op reis was, is gedwing om te stop.

“Die motoris is omring en sy seun is uit die motor getrek en geslaan deur die skare.

“Die motoris het probeer om sy seun te beskerm en wegry oor twee van die betogers. Die polisie het die bebloede seun aangetref waar hy erg aangerand in die middel van die pad gelê het.

Een betoger het gesterf. Die ander een en die seun is na die hospitaal geneem. Albei het volgens bronne sleg seergekry.

Clive Brookes, wie se seuns Travis en Mitchell probeer het om ‘n gesin wat aangeval word, te help, het gesê dat die gebied was ‘n “no-go” gebied.

“Mense gebruik brandende bande en blokkeer die paaie. Die motor van die ander gesin is regtig baie erg beskadig.

“Hulle vensters is gebreek en hulle is uitgesleep en geslaan. Almal was bebloed en beseer,” het hy gesê.

Metro-polisie-woordvoerder, Senior Superintendent Eugene Msomi, het gesê die polisie het verslae ontvang van twee betogers wat deur motorvoertuie tydens die geweld getref is.

Twee mense is ook beseer nadat hul motor deur betogers aangeval is, het hy gesê.

“Hulle almal ontvang behandeling by verskeie hospitale.

Sthembiso Mpanza, die voorsitter van die Puntans Hill-informele nedersetting, is in hegtenis geneem op openbare geweld-verwante klagtes. Nog twee mense is in hegtenis geneem.

Hy het gesê die gemeenskap is woedend dat betogers raakgery is.

“Ons het net probeer om die boodskap oor te dra aan die burgemeester, die hoof van die departement van behuising en die hoof van die elektrisiteit-afdeling, wat ons dienslewering belowe het. Ons veg nie teen ons plaaslike raadslid nie. Ons veg teen die mense in beheer van die departemente wat voortgaan om leë beloftes te maak.”

Praag wil lesers se aandag vestig op die SAPA-berig wat Nuus24 geplaas het oor dieselfde voorval. Let op hoe dit aangebied word asof daar geen rassespanning tydens die oproer geheers het nie.

топкарго

Maak 'n opvolg-bydrae