Hy het Woensdag gesê dat die uitslag nie demokraties was nie. Buthelezi, die voormalige voorsitter van die Huis, is deur ‘n ANC-tradisionele leier, Hoofman Landokwakhe Ntshangase verslaan.
Hy het gesê hy is bekommerd oor die agendas wat die uitslag van die verkiesing beïnvloed het.
“Op een of ander manier glo hulle dat my ondersteuning in duie sal stort sonder my tradisionele leierskap.”
Hy het gesê dat die ANC herhaaldelik dmv wetgewing probeer het om hom te verdryf, om hom te dwing om te kies tussen sy posisie as ‘n LP en sy voorsitterskap van die Huis van Tradisionele Leiers van KwaZulu-Natal.
Maar, het Buthelezi gesê, hierdie wetgewing, wat gebaseer is op bymotiewe, het misluk in die hof.
“Op die oog af moet hierdie verkiesings geprys word as vry en regverdig in terme van die OVK (Onafhanklike Verkiesingskommissie) se proses. Maar agter die skerms, is mense voorberei om op ‘n sekere manier te stem. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het steun verleen aan hierdie plan.
Daarbenewens, het hy beweer, is ‘n tradisionele leier wat dikwels gebruik word as ‘n gevolmagtigde deur ANC-gesinde LUR’e, voorsien van fondse om ander leiers met R5 000 se omkoopgeld oor te haal”.
“Dit is duidelik dat die ANC geen steen onaangeroer gelaat het om te verseker dat ek nie weer verkies word nie,” het hy gesê.
Die ANC het sy bewerings verwerp as “belaglik” en “ongegrond”.
