NBU wil hof toe oor R6 miljard se ‘onwettige belastings’

Daar was Dinsdag ‘n gesamentlike vergadering van die belastingbetalersverenigings, oftewel BBV’s, van Port Elizabeth, Oos London , St Francisbaai, Jeffriesbaai en nog ‘n paar ander klein dorpies in die omgewing, sê mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, die NBU, oor belastings wat glo onwettig op inwoners gehef is.

Daar is eenparig by die vergadering besluit dat die kwessie van nie-promulgasie en derhalwe die onwettige hef van eiendomsbelasting in die hele Oos Kaap op ‘n vergadering op Cradock op 4 Augustus met alle rolspelers in die Oos Kaap verder bespreek sal word.

Die BBV’s dreig met regstappe omdat hul munisipaliteite na bewering eiendomsbelastingtariewe op ‘n onwettige wyse hef.

Van die munisipale verordenings oor die hef van eiendomsbelastingtariewe is eers in 2009 gepromulgeer. Daar was tot dusver geen aanduidings gevind dat van die tariewe (waarvan sommige bedrae tot R6 miljard beloop) van 2005 tot op hede gepromulgeer is in die Staatskoerant soos vereis deur die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting (Wet 6 van 2004) nie.

Die vereniging gaan so gou doenlik ‘n hooggeregshofaansoek oor die kwessie bring.

Die ANC se LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake, Mlibo Qoboshiyane, het by monde van sy woordvoerder, Mvusiwekhaya Sicwetsha, gesê “dit sal geld wegneem van dienslewering indien die belastingbetalersverenigings hof toe gaan”.

топкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae